Vrede is 'n dorp geleë in die Oos-Vrystaat in 'n belangrike landboustreek, waar met lewende hawe en graanprodukte geboer word.

Geskiedenis duimnael|links|Die NG kerk Vrede Die naam Vrede is te danke aan 'n twis oor die naam deur die dorpstigters. As 'n kompromis, nadat daar nie op 'n nuwe naam ooreengekom kom word nie, is die naam "Vrede" as versoening aanvaar. Die dorp is in 1863 gestig op die plaas Krynauwlust en was selfs 'n rukkie die hoofstad van die Oranje-Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog.

Distrik Die distrik beslaan 5 278 km2. Die belangrikste produkte is mielies, koring, wol, skaapvleis, beesvleis, melk, pluimvee en eiers. Daar word gereeld veeveilings gehou. Die dorp kry sy water van die Vrededam, suid van die dorp.

Sien ook Gereformeerde kerk Vrede Hoërskool Vrede Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Vrede Platteland, 'n rolprent wat hier geskiet is. Vrede-suiwelprojek

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat