Wepener is 'n landelike dorp in die Vrystaat, 130 km suidoos van Bloemfontein, naby die grens met Lesotho. Die R26 hoofpad gaan deur die dorp.
Geskiedenis Die dorp is gestig in 1867 ter nagedagtenis aan Louw Wepener, 'n held van die Basoeto-oorloë wat in 1865 tydens 'n militêre konfrontasie met die Basoetos doodgeskiet is. Die dorp is geleë aan die Jammersbergspruit, 'n sytak van die Caledonrivier. Die NG gemeente is in 1870 gestig en die dorp het sy eerste bestuursraad in 1875 verkies.
Distrik Die distrik is 1 725 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen. Die grensdorp in Lesotho is Mafeteng en Van Rooyenshek is die grenspos tussen die twee dorpe.
Tweede Vryheidsoorlog In die Wepenerdistrik het heelwat gevegte plaasgevind gedurende die 19de eeu. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog in April 1900 is 2000 Britse soldate vir 17 dae deur genl Christiaan de Wet se magte beleër totdat versterkings op 25 April 1900 opgedaag het. Die Britse magte in die dorp is deur kolonel E.H. Dalgety gelei.
Geboortes Jim Fouché (1898-1980), die derde Staatspresident van Suid-Afrika is gebore in Wepener.
Sien ook Gereformeerde kerk Wepener NG gemeente Wepener Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Southern Africa Places:Wepener
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat