regs|duimnael|250px|Seal Pointvuurtoring Die Seal Point-vuurtoring is 'n vuurtoring by Kaap St. Francis, omtrent 30 km van Humansdorp en 100 km van Port Elizabeth. Dit is teen 27,75 meter die hoogste klipgebou in Suid-Afrika.The Lighthouse Company - Seal Point , Besoek op 27 Mei 2012 Die bouwerk is begin deur Joseph Flack, 'n siviele ingenieur en argitek wat ook betrokke was by die bou van die Robbeneiland-vuurtoring. Nadat hy in November 1876 oorlede is, is die bouwerk deur W.B. Hays voltooi. Die vuurtoring is op 4 Julie 1878 in gebruik geneem. Dit is toegerus met 'n radiobaken, mishoring en misverklikker. Lighthouses of South Africa , Seal Point , Besoek op 22 Desember 2006

Kulturele erfenis Die Seal Point-vuurtoring, insluitende die twee oorspronklike huise op die eiendom, is op 11 Mei 1984 deur Gerrit van Niekerk Viljoen, Minister van Nasionale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999). Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap - Item: 21352, Besoek op 21 Mei 2012

Verwysings

Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika