Diabetes mellitus, dikwels net diabetes genoem en voorheen"Suikersiekte" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 18 Mei 2024. beter bekend as suikersiekte, is 'n groep algemene siektes van die endokriene stelsel wat gekenmerk word deur hiperglukemie (hoë bloedsuikervlakke). Diabetes word veroorsaak deurdat óf die pankreas nie genoeg insulien vervaardig nie óf die selle van die liggaam nie op die hormoon reageer nie.

Klassieke simptome sluit in dors, herhaaldelike urinering, gewigsverlies en dowwe sig. As dit nie behandel word nie, kan die siekte tot verskeie gesondheidsprobleme lei, onder meer siektes van die hartbloedvatstelsel, oë, niere en senuwees. Onbehandelde of swak behandelde diabetes lei jaarliks wêrelwyd tot sowat 1,5 miljoen sterftes.

Die hoofsoorte diabetes is tipe 1 en 2. Die algemeenste behandeling vir tipe 1-diabetes is insulienvervangingsterapie (insulieninspuitings), terwyl medisynes soos metformien en semaglutied en lewenstylaanpassings gebruik kan word om tipe 2-diabete te bestuur. Gestasionele of swangerskapsdiabetes, 'n vorm wat tydens swangerskap in sommige vroue voorkom, normaliseer nadat die vroue die lewe geskenk het.

Teen 2021 het 'n geraamde 537 miljoen mense wêreldwyd (sowat 10,5% van volwassenes) aan diabetes gelei, waarvan tipe 2 meer as 90% van gevalle uitgemaak het. Daar word geraam dat 783 miljoen volwassenes, of een uit elke agt, teen 2045 die siekte sal hê. Dit is 'n toename van 46% van die huidige syfers. Die siekte neem veral drasties toe in nasies met lae- tot middelklasinkomstes. Dit is wêreldwyd die sewende grootste oorsaak van sterftes. Dit kom ewe veel in mans en vroue voor.

thumb|links|260px|Die hoofsimptome van diabetes. thumb|links|260px|Diabetiese retinopatie ('n ernstige toestand van die retina), nefropatie (skade aan die niere) en neuropatie (skade aan die senuwees) is moontlike komplikasies van diabetes. Tekens en simptome Die klassieke simptome van onbehandelde diabetes is gereelde urinering, dors en gewigsverlies. Verskeie ander, niespesifieke tekens en simptome kan ook voorkom, soos moegheid, dowwe sig en 'n genitale gejeuk weens 'n fungusinfeksie. Sowat die helfte van individue met diabetes kan geen simptome hê nie. Tipe 1 kom skielik voor ná 'n prekliniese fase, terwyl tipe 2 geleideliker begin; pasiënte kan baie jare lank asimptomaties wees.

Diabetiese ketoasidose is 'n mediese noodgeval wat meestal saam met tipe 1-diabetes voorkom, maar soms ook saam met tipe 2. Die oormatige vervaardiging van ketoliggame lei tot tekens en simptome soos naarheid, vomering, maagpyn, die reuk van asetoon in die asem, diep asemhaling en in erge gevalle 'n afname in die vlak van bewustheid.

Hiperglukemie is 'n erkende komplikasie van insulienbehandeling vir diabetes. Dit kan simptome insluit soos sweet, bewerigheid en 'n versnelde hartklop tot 'n ernstiger uitwerking soos verwarring, toevalle en in skaars gevalle die dood.

Komplikasies op lang termyn Die grootste langtermynkomplikasies van diabetes hou verband met die bloedvate, op makro- én mikrovaskulêre vlak. Diabetes verdubbel die risiko van hartbloedvatsiektes, en sowat 75% van sterftes onder mense met diabetes is weens kroonslagaarsiektes. Ander ernstige makrovaskulêre toestande sluit in beroerte en die vernouing van are in hoofsaaklik die bene.

Mikrovaskulêre siektes tas die oë, niere en senuwees aan. Skade aan die retina, bekend as diabetiese retinopatie, is die algemeenste oorsaak van blindheid in mense van werkende ouderdom. Die oë kan ook op ander maniere aangetas word, soos deur die ontwikkeling van katarakte en gloukoom. Mense met diabetes word aangeraai om een keer per jaar 'n optometris of oftalmoloog te besoek.

Diabetiese nefropatie is 'n groot oorsaak van chroniese niersiekte en is die rede vir meer as 50% van pasiënte in die Verenigde State wat dialise kry. Diabetiese neuropatie, skade aan die senuwees, kom op baie maniere tot uiting, insluitende sintuiglike verlies, neuropatiese pyn en outonomiese disfunksie (soos ortostatiese hipotensie, diarree en erektiele disfunksie). Die verlies van pynsensasie veroorsaak trauma wat kan lei tot diabetiese voetprobleme (soos seervorming, die algemeenste oorsaak van amputasie).

Uitgebreide data en talle gevalle van galsteensiekte dui daarop dat daar 'n verband kan wees tussen tipe 2-diabetes en galstene. Mens met diabetes het 'n hoër risiko om galstene te ontwikkel as mense daarsonder.

Oorsake +Vergelyking tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes Eienskap Tipe 1-diabetes Tipe 2-diabetes Begin SkielikGeleidelik Vanaf ouderdom Enige; diagnose op gemiddeld 24https://www.usnews.com/news/health-news/articles/2023-09-28/over-a-third-of-adults-with-type-1-diabetes-werent-diagnosed-until-after-30 Meestal in volwassenes Liggaamsgrootte Skraal of normaal Dikwels oorgewig Ketoasidose Algemeen Skaars Outoteenliggaampies Gewoonlik teenwoordig Afwesig Endogene insulien Laag of afwesig Normaal, verminder of vermeerder Oorerflikheid 0,69 tot 0,88 0,47 tot 0,77 Voorkoms <2 per 1 000 ~6% (mans), ~5% (vroue)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie erken ses soorte diabetes, onder meer tipe 1-, tipe 2-, swangerskaps- en ongeklassifiseerde diabetes. Dit is 'n siekte met meer vorme as wat voorheen besef is, en 'n mens kan 'n kombinasie van vorme hê.

Tipe 1 Tipe 1 maak 5-10% van diabetesgevalle uit en is die algemeenste vorm wat in pasiënte onder 20 jaar oud gediagnoseer word. Tog begin dit dikwels in ouer volwassenes. Die siekte word gekenmerk deur die verlies van die insulienvervaardigende betaselle van die eilandjies van Langerhans in die pankreas wat die metabolisme van koolhidrate en vette reguleer. Dit lei tot 'n ernstige insulientekort, en dit kan verder geklassifiseer word as immuungemedieer of idiopaties (sonder 'n bekende oorsaak). Die meeste gevalle is immuungemedieer, wanneer 'n T-sel-gemedieerde outo-immuunaanval die verlies van betaselle, en dus 'n tekort aan insulien, veroorsaak. Pasiënte het dikwels ongereelde en onvoorspelbare bloedsuikervlakke weens te min insulien.

thumb|260px|'n Outo-immuunaanval in tipe 1-diabetes. Tipe 1-diabetes is deels oorerflik, met verskeie gene wat die risiko beïnvloed. In mense wat geneties ontvanklik is, kan die begin van diabetes aan die gang gesit word deur een of meer omgewingsfaktore, soos 'n virusinfeksie of dieet. Daar is egter geen bewyse dat sekere virusse daarvoor verantwoordelik is nie.

Tipe 1-diabetes kan op enige ouderdom begin, en baie diagnoses word in volwassenes gemaak. "Latente outo-immuundiabetes van volwassenes" (latent autoimmune diabetes of adults, of LADA) is die diagnostiese term wat gebruik word wanneer tipe 1-diabetes in volwassenes ontwikkel; dit begin stadiger as dieselfde toestand in kinders. Om die verskil aan te dui gebruik sommige mense die nieamptelike term "tipe 1.5-diabetes" vir dié toestand.

Volwassenes met LADA word dikwels aanvanklik met tipe 2-diabetes gediagnoseer, geskoei op ouderdom eerder as op 'n oorsaak.

Tipe 2 thumb|260px|Minder insulienafskeiding of 'n swakker uitwerking van insulien op sy reseptore lei tot 'n hoë glukose-inhoud in die bloed.

Tipe 2-diabetes word gekenmerk deur insulienweerstandigheid, wat gekombineer kan wees met 'n relatief verminderde insulienafskeiding. Die defektiewe reaksie van liggaamsweefsel op insulien betrek vermoedelik die insulienreseptore. Die spesifieke defekte is egter onbekend. Gevalle met 'n bekende defek word apart geklassifiseer.

Tipe 2-diabetes is die algemeenste vorm van diabetes mellitus en maak 95% van gevalle uit. Baie mense met dié vorm het prediabetes (aangetaste glukosetoleransie) voordat hulle aan die kriteria vir tipe 2-diabetes voldoen. Die ontwikkeling van prediabetes tot volle tipe 2-diabetes kan verlangsaam of omgekeer word deur leefstylveranderings of medisyne wat insuliensenstiwiteit verhoog of die lewer se glukosevervaardiging laat afneem.

Tipe 2-diabetes word hoofsaaklik deur leefstylfaktore en genetika veroorsaak. 'n Paar leefstylfaktore is bekend wat kan lei tot die ontwikkeling van tipe 2-diabetes, insluitende obesiteit ('n liggaamsmassaindeks van meer as 30), 'n gebrek aan fisieke aktiwiteit, 'n swak dieet, stres en verstedeliking.

Dieetfaktore soos drankies wat met suiker versoet is, word met 'n groter risiko verbind. Die soort vette in die dieet is ook belangrik; versadigde vet en transvet verhoog die risiko, terwyl poli- en mono-onversadigde vet die risiko verklein. Die eet van te veel witrys kan die risiko verhoog, veral onder Chinese en Japannese. Die gebrek aan oefening kan in sommige mense die risiko verhoog.

Onaangename ondervindings as kind soos mishandeling, verwaarlosing en probleme in die huishouding vergroot die risiko vir tipe 2-diabetes later in die lewe met 32%. Verwaarlosing het die grootste uitwerking.

Swangerskapsdiabetes Swangerskapsdiabetes toon baie ooreenkomste met tipe 2-diabetes, want dit word gekenmerk deur 'n kombinasie van relatief onvoldoende insulienafskeiding en . Dit kom voor in sowat 2-10% van alle swangerskappe en kan ná die geboorte verbeter of verdwyn. Die aanbeveling is dat alle swanger vroue begin toets word ná sowat 24-28 weke van swangerskap.

Ná die swangerskap het sowat 5-10% van vroue met swangerskapsdiabetes steeds die een of ander vorm van diabetes, meestal tipe 2. Swangerskapsdiabetes is ten volle behandelbaar, maar vereis noukeurige mediese toesig deur die swangerskap. Bestuur kan insluit dieetveranderings, bloedglukosemonitering en in sommige gevalle die gee van insulien. Hoewel dit van verbygaande aard is, kan onbehandelde swangerskapsdiabetes die gesondheid van die fetus of die moeder skade berokken. 'n Paar van die risiko's vir die baba sluit in 'n hoë geboortemassa en abnormaliteite van die hart, sentrale senuweestelsel en skeletspiere.

Dubbele diabetes Nog 'n vorm van die siekte is dubbele diabetes. Dit kom voor wanner 'n lyer aan tipe 1-diabetes insulienweerstandig word, wat die stempel van tipe 2-diabetes is, of 'n familiegeskiedenis van tipe 2 het. Dit is in 1990-'91 die eerste keer ontdek.

Patofisiologie thumb|250px|Die fluktuasie van bloedsuiker (rooi) en die suikerverlagende hormoon insulien (blou) in mense, deur 'n dag met drie etes. Een van die uitwerkings van 'n suikerryke teenoor 'n styselryke maaltyd word uitgelig. thumb|250px|Die meganisme van insulienvrystelling in normale betaselle van die pankreas. Insulienvervaardiging is min of meer konstant in die betaselle. Die vrystelling daarvan word veroorsaak deur kos, hoofsaaklik voedsel wat oplosbare glukose bevat.

Insulien is die hoofhormoon wat die opneem van glukose uit die bloed in die meeste selle van die liggaam reguleer, veral die lewer, vetweefsel en spiere, buiten gladde spiere waarin insulien via the IGF-1 (insulienagtige groeifaktor 1) optree. Dus speel die gebrek aan insulien of die onsensitiwiteit van sy reseptore 'n belangrike rol in alle vorme van diabetes mellitus.

Die liggaam kry glukose van dié drie hoofbronne: die opneem van kos; die afbreek van glukogeen, die gebergde vorm van glukose wat in die lewer aangetref word; en glukoneogenese, die skepping van glukose van niekarbohidraatsubstrata in die liggaam. Insulien speel 'n kritieke rol in die beheer van die glukosevlak in die liggaam. Insulien kan die afbreek van glukogeen of die proses van glukoneogenese onderdruk, en dit kan die vervoer van glukose na vet- en spierselle en die berging van glukose in die vorm van glukogeen stimuleer.