Suid-Afrika se swemafrigters skep telkens 'n familie-tradisie – soos, onder andere, die families van Frank Gray, Janet Price, Doreen Hill en Peter Elliot – almal se kinders was eers Springbokswemmers, en toe ook afrigters. Andere was topswemmers, en nog andere het van nêrens gekom om top-swemafrigters te word. Hierdie mense het 'n groot aandeel in die sukses van swem in Suid-Afrika gehad.
Suid-Afrikaanse swemafrigters Cecil Colwin Cecil Colwin (1926–2012), van Port Elizabeth afkomstig, was een van die bekendste afrigters in wêreldswem. Hy was ook die eerste voltydse swemafrigter in Suid-Afrika. Almal, behalwe een van die 1956-Spingbokswemspan na die Olimpiese Spele, is deur hom afgerig. Die dames 4x100 m vryslag aflosspan, wenners van die bronsmedalje in Melbourne, was almal deur Colwin afgerig. Colwin was ook die afrigter van wêreldrekordhouer Anne Fairlie. In 1971 is hy na Australië en daarna in 1973 is hy deur Kanada as Nasionale Tegniese Direkteur van Swem aangestel. Colwin het verskeie boeke oor swem gepubliseer, onder andere Cecil Colwin on Swimming in 1969, met heelwat verwysings na SA-swem, Swimming into the 21st Century (1991) en Breakthrough Swimming (2002). Hy is in 1993 met ’n plek in die Internasionale Swemheldesaal vereer.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Jimmy Green Green was die afrigter van Jenny Makaal, bronsmedaljewenner by die 1932 Olimpiese Spele. Hy was toe die opsigter by die munisipale swembad in Pretoria. Volgens Colwin was Jimmy Green "die pionier van swemafrigting in Suid-Afrika." Colwin beskryf Green as 'n belangrike en kleurryke karakter: "... Ek het onder die leiding en voogdy van afrigter James D. Allett-Green – algemeen bekend as Jimmy Green – gekom, aanvanklik as 'n swemmer en later as 'n afrigter. Dit was volkome danksy sy afrigting, aanmoediging en invloed dat ek 'n swemafrigter geword het. Hy was die mees kleurryke karakter wat ek ontmoet het in 'n sport wat vele opgelewer het. Sy twee troeteldiere, 'n papegaai (gewoonlik op sy skouer) en 'n leeuwelp (tot dit te groot geword het) was bekende figure aan die swembadrand." (Colwin: Swimming in the 21st Century)
In die boek Springboks of the Olympiad deur Ira Emery (1955) was Green "die een persoon verantwoordelik vir die insluiting van Maakal in die Span." Emery vertel hoe Green die saak vir Maakal se deelname aan die 1932 Spele beding het, met beloftes van heelwat verbeterde tye in die swembad.
Frank Gray 'n Tydgenoot van Colwin – die afrigter van Karen Muir – was Frank Gray. Afkomstig uit Watford, Engeland, het Gray homself eers in Kimberley en toe later onder meer ook in Durban gevestig. Hy het talle SA-rekordhouers afgerig, insluitende sy eie seuns – al vier was op hul dag Springbokke. Die oudste, Simon, het vir Groot-Brittanje verteenwoordig by die Moskou Olimpiese Spele, en is tans een van die voorste afrigters in SA, by die Supersport Sealklub in Bloemfontein. Sy broer Andrew is ook 'n suksesvolle afrigter, by die Vikingsklub in Oos-Londen.
Ander Ander noemenswaardige swemafrigters: Aurik, Clara Blair, John Borrill, Ronnie Bulley, Alex Campbell, Bob Connell, Tom De Roubaix, Pierre Dorey, Adrian Bouws, Niels Edge, Mark Elliot, Brian Elliot, Peter Gray, Andrew Gray, Simon Green, Bernard Hatfield, Alasdair Head, Peter Hill, Doreen Jacobson, George Jackson, Craig Katabi, Zvi Kooiman, Jan Lamont, Moira Louw, Kobie Price, Dean Price, Janet Richards, Kevin Rippe, Rudi Skinner, Doug Skinner, Jonty Spoor, Rudie Van der Walt, Gerhard Van Jaarsveld, Santa Von Suillichem, Tony Von Toros, Karoly Williams, Peter
Rhodesië/Zimbabwe Afrigters George, Arthur – Highland Swemklub Parrington, Frank
SWA/Namibië Jonker, Cees Laursen, Larry
Verwysings
* Kategorie:Swemafrigters