Jussie Smollett (gebore 21 Junie 1982) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Mighty Ducks (1992) en Alien: Covenant (2017), en in die televisiereeks Empire (2015).

Op 20 Februarie 2019 word Smollett van wanordelike gedrag aangekla. Hy sou na bewering twee Nigeries-Amerikaanse broers betaal om 'n haatmisdaad op hom na te maak en daarna 'n onware polisieverklaring aflê. Smollett se regspan het op 26 Maart 2019 'n skikking met aanklaers bereik, ingevolge waarvan alle aanklagte teen hom laat vaar is in ruil daarvoor dat Smollett gemeenskapsdiens opgelê word en hy sy $10 000 borg verbeur. Op 27 Maart 2019 kondig die Federal Bureau of Investigation (FBI) aan dat dit ondersoek sou instel oor waarom die aanklagte laat vaar is.

Filmografie Rolprente 1992: The Mighty Ducks 2012: The Skinny 2017: Alien: Covenant

Televisiereekse 1993: Cro 1994: On Our Own 2008: Afropop: The Ultimate Cultural Exchange 2015: Empire 2016: Smollett Eats

Video's 2009: Pitch This 2015: Mariah Carey: Infinity

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse fotograwe Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Afro-Amerikaanse Jode