Keiser Meiji (gebore as Mutsuhito; 3 November 1852 - 30 Julie 1912), of Meiji die Grote (明治大帝, Meiji-taitei), was van 1867 tot 1912 die 122ste keiser van Japan volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde. Soos in Japan gebruiklik is, is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy regeringstyd staan as die Meijitydperk (明治時代, Meijijidai, "verligte bewind") bekend en is gekenmerk deur groot politieke, sosiale en kulturele veranderinge.
Tydens Meiji se bewind het die Japannese Keiserryk van 'n tradisionele, geïsoleerde feodale staat tot 'n keiserlike, moderne wêreldmag ontwikkel, gepaardgaande met die Japannese nywerheidsomwenteling.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1852 Kategorie:Japannese keisers Kategorie:Sterftes in 1912