Groningen (Gronings: Grunnen / Stad; Wes-Fries: Grins), is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Groningen. Op 1 Januarie 2025 het die munisipaliteit se bevolking sowat 244 400 inwoners getel.

Groningen is die grootste stad van Noord-Nederland en beskik oor die tweede oudste universiteit van Nederland, die Rijksuniversiteit Groningen (RuG). Hulle het ook 'n eredivisie sokkerspan: FC Groningen.

Plekke Garmerwolde, Glimmen, Groningen, Haren, Harkstede, Lageland, Lellens, Meerstad, Noordlaren, Onnen, Sint Annen, Ten Boer, Ten Post, Thesinge, Winneweer en Woltersum.

Geskiedenis Die stad Groningen het op die noordelike punt van die Hondsrug ontstaan. Die Hondsrug was 'n naturlike handelsroete tussen Drenthe en die vrugbare grondstreke in Friesland. Die oudste geskrewe vermelding van Groningen dateer uit 1040. In daardie jaar het die keiser van die Heilige Romeinse Ryk 'n villa in Cruoninga aan die biskop van Utrecht geskenk.

Die dorp se eerste kerk is op die plek gebou waar die Martinikerk nou staan, ongeveer in die jaar 800. Die huidige kerk is gedurende die 13e eeu gebou en daarna meermale verbou. Die toring, 'n uitstaande kenmerk van Groningen, is tussen 1469 en 1554 opgerig.

Besienswaardighede Die Aakerk, 13de eeu, Akerkhof Die Pelstergasthuis, 13de eeu. Pelsterstraat Die Calmershuis, 13de eeu, Oude Boteringestraat Die Hinckaertshuis, 13de eeu, Oude Kijk in't Jatstraat Die Gotische Huis, 14de eeu, Brugstraat Die Pepergasthuis, 15de eeu, Peperstraat Die Ou Regtbank, 17de eeu, Oude Boteringestraat Die Goudkantoor, 17de eeu, Grote Markt Die stadhuis, 1810, Grote Markt Die Korenbeurs, 1865, Vismarkt Die Hoofdstation, 1866, Stationsplein Die universiteit, 1909, Broerstraat Groninger Museum. 1994, Museumeiland

Naburige munisipaliteite

Eksterne skakels Amptelike webwerf Die stad Groningen in die Open Directory Project

Kategorie:Nedersettings in Groningen (provinsie) Kategorie:Provinsiehoofstede van Nederland Kategorie:Stede in Nederland

de:Groningen en:Groningen