Jigme Wangchuck (Dzongkha: འཇིགས་མེད་དབང་ཕྱུག; Wylie: 'jigs med dbang phyug; 1905 – 30 Maart 1952) was van 21 Augustus 1926 tot met sy dood die tweede koning van Bhoetan, of Druk Gyalpo ("Draakkoning"). Hy was die oudste seun van koning Ugyen Wangchuck en is in Engels, Hindi en Boeddhistiese letterkunde opgevoed.
Tydens sy bewind was Bhoetan steeds feitlik heeltemal van die buitewêreld afgesny, met net beperkte betrekkinge met Indië. Hy is deur sy seun, Jigme Dorji Wangchuck, opgevolg.Wangchuck Dynasty. 100 Years of Enlightened Monarchy in Bhutan. Lham Dorji
Kinders Jigme Wangchuck het vyf kinders by sy twee vroue, Phuntsho Choden en haar suster, Pema Dechen, gehad: By sy eerste vrou Koning Jigme Dorji Wangchuck By sy tweede vrou Prins Namgyal Prinses Choki Ongmo Prinses Deki Yangzom Prinses Pema Choden
Verwysings
Eksterne skakels Bhoetan se koninklike familie 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bhoetanese monarge