Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Finne.
Fins (suomi [ˈsuomi] of suomen kieli [ˈsuomen ˈkieli]) behoort tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Fins is nou verwant aan Estnies en verlangs aan Hongaars. Dit is naas Sweeds een van die twee amptelike tale van Finland met sowat 4,7 miljoen moedertaalsprekers (92 persent van die totale bevolking) en ook een van die ampstale van die Europese Unie. Fins is ook 'n amptelike minderheidstaal in Swede, waar dit deur sowat 300 000 inwoners gepraat word. Daar is ook klein Finstalige groepe in die Noord-Noorse streek Finnmark, in die Russiese Republiek van Karelië en in Estland.
Fins verskil as 'n Fins-Oegriese taal, net soos Hongaars, in baie opsigte sterk van die Indo-Europese tale, wat oorwegend in Europa gepraat word. Oor die eeue heen het die kontak met Indo-Europese tale egter 'n groot invloed op byvoorbeeld die sinsbou en woordeskat van Fins uitgeoefen. 'n Groot aantal Germaanse leenwoorde verskyn reeds baie vroeg in die taal, en taalhistorici gebruik hierdie Finse woorde soos rengas ("ring") onder meer vir hulle ondersoeke oor die destydse Germaanse klanke. Kenmerke van Fins is die groot getal naamvalle (15), agglutinasie, 'n ingewikkelde morfofonologie wat onder meer vokaalharmonie en konsonantgradasie insluit, die afwesigheid van 'n grammatikale geslag (of genus) en die klein getal konsonante.
Taalverwantskap Fins behoort tot die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie. Terwyl die meeste tale wat in Europa gepraat word tot die Indo-Europese taalfamilie behoort, sluit die Fins-Oegriese tale benewens Fins slegs die Estniese, Samiese en die Hongaarse tale in, sowel as 'n aantal tale wat in die Europese deel van Rusland en in Noord-Siberië gepraat word.
Die verwantskap tussen die lede van die onderskeie tale wat tot die familie behoort kan dikwels aan die taalstruktuur waargeneem word terwyl die woordeskat dikwels weinig ooreenkoms toon, buiten die telwoorde van een tot ses (vanaf sewe is alle telwoorde aan ander taalfamilies ontleen)Wendt, Heinz F. (red.): Das Fischer Lexikon – Sprachen. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1977, bl. 92–93 en 'n aantal begrippe uit die basiese woordeskat. So is die oervorme van Fins en Hongaars reeds etlike duisende jare geskei en is die verwantskap geensins nader as tussen Indo-Europese tale soos Duits en Persies nie.
Fins Estnies Hongaars Afrikaans yksi üks egy een kaksi kaks kettö (két) twee kolme kolm három drie neljä neli négy vier viisi viis öt vyf kuusi kuus hat ses sydän süda szív hart kota (maja) ház huis talvi talv tél winter veri veri vér bloed kala kala hal vis
Die Fins-Oegriese tale vorm saam met 'n klein groepe Samojeedse tale die Oeraalse taalfamilie. Tesame met Estnies, Ingries, Karelies, Lyfs, Võro, Wepsies en Woties vorm Fins die Oosseefinse tale groep.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die Oeraalse tale word deur taalkundiges tot 'n gemene Oeraalse oertaal teruggespoor wat later in die Samojeedse en die Fins-Oegriese oertale verdeel het. Later het laasgenoemde verder onderverdeel in die Fins-Permiese en die Oegriese oertale. Die Fins-Permiese oertaal het deur verdere ontwikkeling tot die vroegste oervorm van Oosseefins gelei waaruit die Samiese taal weer ontwikkel het.
Dit is moeilik om te bepaal oor hoeveel tyd hierdie ontwikkelinge, waarvan die rekonstruksie hoofsaaklik berus op die analise van die woordeskat en taalstruktuur van hedendaagse tale, plaasgevind het. Daar word nogtans aangeneem dat die afsondering van die Samiese taal van vroeë Fins op die laaste omstreeks 1000 v.C. voltooi is. Fins was reeds in prehistoriese tyd met Germaans en Baltiese tale in kontak en het talle leenwoorde uit die tale opgeneem.
Alhoewel die inwoners van die huidige Finland deurgaans Fins-Oegries gepraat het, het 'n gemene Fins taal eers in die moderne era ontwikkel. In die voorafgaande tydperk is die inwoners van Finland in werklikheid in drie hoofstamme verdeel wat taalgewys en kultureel beduidend van mekaar verskil het. In die suidweste het die bevolkingsgroep gewoon wat as die "ware Finne" (varsinaissuomalaiset) bekend gestaan het. In hierdie gebied het Germaanse immigrante uit Skandinawië met die bevolking versmelt en talle Germaanse leenwoorde saamgebring. In die ooste is die Kareliërs aangetref en in die binnelandse woude die Hämeers, wat aanvanklik waarskynlik nog nie sterk van die Same onderskeibaar was nie. Deur 'n vermenging van die laasgenoemde bevolkingsgroepe het die Savo-dialekte later, maar wel voor die Middeleeue, ontstaan.
Ontwikkeling van 'n skryftaal duimnael|Abckiria, die oudste geskrewe werk in Fins In die Middeleeue het Finland deel gevorm van Katolieke Swede. Fins was 'n spreektaal, die saketaal was as gevolg van die invloed van die Hanseverbond Middelnederduits, die taal van administrasie was Sweeds, en godsdiensaktiwiteit is in Latyn bedryf, wat Finne met weinig geleentheid gelaat het om hulle moedertaal te gebruik behalwe in hulle daaglikse take.
Die ontwikkeling van 'n enkele Finse taal, veral die Finse skryftaal, is deur die Protestantse Hervorming ondersteun. Die Sweedse koning Gustaf Wasa het in 1524 betrekkinge met die Katolieke Kerk opgeskort en die aanneming van die Lutherse skool beveel. Volgens die Protestantse Lutherse tradisie sou die Woord van God in die taal van die plaaslike bevolking verkondig moes word. Gevolglik het leraars begin om die noodsaaklike liturgiese tekste op skrif te stel.
Die publikasie van die eerste gedrukte teks in Fins is gegrond op die werk van die latere biskop Mikael Agricola. Dié volgeling van Martin Luther het reeds as student begin met die vertaling van godsdienstige tekste, veral die Nuwe Testament. Die eerste gedrukte Finse boek, wat op die laatste in 1543 gedruk is, is die ABC-boek Abckiria, wat op geestelikes gerig is en wat bedoel is om die basiese beginsels van lees en skryf in Fins uiteen te sit. Dit het ook 'n kategismus ingesluit. Die Finse vertaling van die Nuwe Testament het in 1548 verskyn.
Agricola het sy spelwyse gegrond op Latyn, Duits en Sweeds en het die grondslag gelê vir die Finse skryftaal. Hy het hoofsaaklik die dialek gebruik wat in Turku, destyds die hoofstad van Finland onder Sweedse heerskappy, gepraat is wat daarmee as basis van die gemeenskaplike Finse taal gevestig is.
Van boeretaal tot kultuurtaal duimnael|"Sammon puolustus" (Die verdediging van Sampo) deur Akseli Gallen-Kallela 1895 in die Kalevala Selfs na die skep van 'n Finse skryftaal het die gebruik van Fins as skryftaal honderde jare lank beperk gebly. Vanaf die 16de eeu is wette ook gedeeltelik in Fins geskryf, maar van 'n Finstalige kulturele lewe was daar egter nog nie sprake nie: In die Finland wat toe aan Swede behoort het, was Sweeds die taal van die administrasie, opvoeding en kultuur.
Eers nadat Finland in 1809 as Groothertogdom onder die heerskappy van die Russiese Tsaar gekom het, het 'n Finse nasionale bewussyn begin ontwikkel. 'n Beweging wat as die "Fennomane" bekend gestaan het, het gevorm wat Fins tot kultuurtaal wou ontwikkel. Aan die begin van die 19de eeu het die taal egter steeds gebrek gely aan sommige voorwaardes tot die ideaal. Die grammatika was nog nie stelselmatig uiteengesit nie en die woordeskat het die alledaagse lewe van die landelike kleinboerbevolking weerspieël en het bykans geen woorde gehad wat vir administrasie- en kultuurdoeleindes nodig was nie.
Die publikasie in 1835 deur Elias Lönnrot van die nasionale epiese verhaal Kalevala het bygedra tot die verhoging van die status van die Finse taal. Deur die bedrywighede van die Fennomane het 'n Finse letterkunde en pers ontstaan. Talle opgevoede Finne van die hoër stand, wie se moedertaal meestal Sweeds was, het bygedra tot die verdere ontwikkeling van Finse. Teen die agtergrond is baie woorde geskep wat tot op daardie stadium nie in Fins bestaan het nie. In die nastreef van die Finse nasionalisme van die tyd is nuwe woorde byna sonder uitsondering nie deur leenwoorde geskep nie, maar as geheel en al nuwe woorde, dikwels deur variasies op ou Finse woorde.
Die ontwikkeling van 'n Finstalige onderwysstelsel in die tweede helfte van die 19de eeu het beteken dat daar teen die begin van die 20ste eeu 'n opgevoede Finstalige bevolking gevestig was. Teen die tweede dekade van die 20ste eeu het Fins tot 'n volwaardige kultuurtaal ontwikkel wat in wese ooreenkom met die huidige Finse taal.
Spelwyse en uitspraak As gevolg van die ontstaansgeskiedenis van die Finse skryftaal is die Finse alfabet identies aan dié van Sweeds. Dit bestaan uit die 26 letters van die Latynse alfabet met die spesiale karakters å, ä en ö wat daarby gevoeg is. Met alfabetiese sorterings, bv. in woordeboeke, word die letters met deeltekens in bostaande volgorde aan die einde van die alfabet geplaas, nie soos in Duits waar dit by a en o gehou word nie. Die letter w, wat veral in ouer tekste dikwels met die gelykklinkende letter v uitgeruil word, word daarteenoor in sortering nie van laasgenoemde onderskei nie.
Die letters c, q, w, x, z en å kom nie in Finse woorde voor nie, maar word soms vir vreemde woorde gebruik. Die letters b en f kom slegs in leenwoorde voor. By leenwoorde met die klank [] word daar tot 'n mate 'n S met 'n háček (š) gebruik gemaak. Dit kan egter ook deur sh of sommer net s voorgestel word (Byvoorbeeld: šakki, shakki of sakki "Skaak"). Nog seldsamer is die stemhebbende ž wat in geografiese terme soos Fidži voorkom.
Fins het 'n byna volkome fonetiese ortografie, d.i. die afbeelding van foneme (klanke) en grafeme (letters) is eenduidig. Leenwoorde word konsekwent volgens die Finse ortografie aangepas (byvoorbeeld: filosofia "Filosofie"). Die uitspraak van letters in Fins word hieronder met Afrikaans vergelyk:
Letter Klankwaarde Beskrywing e [] altyd oop, maar effens meer geslote as in Afrikaanse wen h [] soos Afrikaanse h; ook voor konsonante uitgespreek k [] soos Afrikaanse k, maar ongeaspireer o [] altyd oop soos in Afrikaanse tol p [] soos Afrikaanse p, maar ongeaspireer r [] gerolde r (Zungenspitzen-r) s [] altyd stemloos soos in Afrikaans t [] soos Afrikaanse t, maar ongeaspireer v [] soos Afrikaanse w y [] soos Afrikaanse uu ä [] soos in Engelse hat, amper soos Afrikaanse perd maar korter indien nie verdubbel nie ö [] altyd oop soos Afrikaanse vurk duimnael|IBM se sleutelbord M2 van 1992 is ontwerp vir gebruik in Swede in Finland Onder die min uitsonderings in die kongruensie tussen letters en klankwaardes geld die letterkombinasies nk en ng, wat as [] en [] uitgespreek word. Verder word 'n n wat voor 'n p staan deurgaans as m uitgespreek (byvoorbeeld: in kunpa uigespreek as kumpa, maar ook in haen pallon uitgespreek as haem pallon). Na spesifieke soorte woorde kom daar by die uitspraak van die volgende woord of woorddeel 'n verdubbeling van die aanvangskonsonant voor, so byvoorbeeld na woorde wat met -e eindig (tervetuloa, uitgespreek as tervettuloa) of na ontkennende woorde (en juo maitoa, uitgespreek en juom maitoa). As die volgende woord met 'n vokaal begin, vind 'n glottisslag [] eerder as konsonantverdubbeling plaas.
In Finse uitspraak speel die onderskeid tussen lang en kort klanke 'n sentrale rol. Hierdie onderskeid word konsekwent in die skryfwyse weerspieël deurdat lang klanke deur dubbelletters voorgestel word. Dit het betrekking op vokale sowel as op konsonante (tuli "vuur“; tulli "doeane"; tuuli "wind"). Die lang klank is in die reël presies dubbel so lank soos die enkelklank. Verder is die kwaliteit van die vokale onafhanklik van hulle hoeveelheid. Anders as in Afrikaans word o byvoorbeeld steeds as [] uitgespreek ongeag of dit lank of kort is. Die verlenging van die konsonante k, p en t geskied op 'n wyse waarvolgens die onderskeie geslote toestand vir 'n kort rukkie gehandhaaf word.