WrocławBreslau 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Woiwodskap 20px Neder-Silesië Koördinate Stigting (eerste verwysing) Omstreeks 900 Stadstatus 1261 Oppervlakte: - Totaal 292,92 vk km Hoogte bo seevlak 105–155 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2020) 641 928 - Bevolkingsdigtheid 2 190/vk km - Metropolitaanse gebied 1 250 000 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,3 °C www.klimadiagramme.de: Breslau - Gem. temp. Januarie/Julie -1,8 / 17,6 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 591 mm Burgemeester Jacek Sutryk Amptelike webwerf www.wroclaw.pl
Wrocław (Pools: [ˈvrɔt͡swaf], ; Duits: Breslau; Silesiese Duits: Brassel; Latyn: Vratislavia of Wratislavia), is die vierde grootste stad van Pole met 'n bevolking van byna 642 000, die administratiewe hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië en van die gelyknamige landelike distrik. Wrocŀaw fungeer as setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop, 'n Evangelies-Lutherse diosesaanbiskop, en met talle akademiese instellings en navorsingsinstitute asook teaters en museums, as die kulturele en wetenskaplike sentrum van Silesië. Wrocław was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Pole en Oekraïne saam aangebied het.
duimnael|links|Wrocław in die 17de eeu duimnael|links|Die raadsaal van Wroclaw in 1900 Die stad is aan die Oder-rivier en in die sentrum van 'n belangrike landbou- en mynbougebied geleë. Sy belangrikste nywerhede sluit masjienbou en metaalverwerking in.
Wrocław/Breslau word as hoofstad van die gewes Silesië beskou en was tussen 1919 en 1945 ook die hoofstad van die nuutgestigte Pruisiese provinsie Neder-Silesië. Voor hierdie periode was Wrocław die hoofstad van die provinsie Silesië en het – in die tydperk van die Nasionaalsosialisme – as administratiewe sentrum van die Reichsgau Neder- en Sentraal-Silesië gedien.
In 1945 het Wrocław onder Poolse administrasie gekom en die oorspronklike Duitse bevolking is verdryf. Poolse setlaars en burgers wat deur die Sowjet-owerheid uit Lemberg en ander gebiede van die vroeëre Oos-Pole verdryf is, het hier 'n nuwe tuiste gevind. Wrocław het later die hoofstad van die gelyknamige woiwodskap en in 1999 die hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië geword.
Wrocław se inwonertal het omstreeks 1840 die 100 000-kerf verbygesteek, en dit was in die 19de eeu 'n tyd lank die grootste stad van Duitsland ná Berlyn en Hamburg.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Pole