duimnael|links|240px|Die Aloe marlothii is bekend in die park Marlothpark (Engels: Marloth Park) is 'n vakansiedorp, aftreedorp en natuurbewaringsgebied in die verreooste van die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit is geleë op die suidelike oewer van die Krokodilrivier. Die Nasionale Krugerwildtuin lê direk noord van die rivier, en vrylopende wild is gewoonlik aan beide kante van die rivier te sien.
'n Groot aantal privaateienaars besit alle eiendom in Marlothpark, maar geen eiendom mag omhein word nie, om sodoende vrye beweging van wild toe te laat.
Anders as in die Krugerwildtuin, word besoekers aangemoedig om plaaslike soogdiere, soos koedoes en bosbokke, met "pellets" te voer. Die diere word daarom so mak, dat hulle selfs by vakansiehuise se voordeure sal instap, terwyl ander soos seekoeie en jong olifantjies soms van swembaddens gebruik sal maak wanneer dit met water gevul is.
Pieter Pieterse, 'n Afrikaanse skrywer, storieverteller en TV-persoonlikheid is in Maart 2002 hier vermoor by sy huis terwyl hy aan 'n nuwe roman gewerk het.
Die dorpie is vernoem na die Duitse botanis Rudolf Marloth.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Nasionale Krugerwildtuin
Eksterne skakels Marlothpark se webtuiste
Verwysings
Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Milieubeskerming Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga