Avesties, ook Avesta, Oudbaktries of Zend genoem, is 'n uitgestorwe Irannese taal wat in die noordooste van die ou Persiese Ryk gepraat is. Die oudste bewaarde tekste dateer terug na die 6de eeu v.C. Die naam Avesties verwys na die Avesta, die boek met die leer van die profeet Zoroaster, die stigter van die Zoroastrisme.

Volgens die kanonieke tweedeling van die Indo-Europese tale bestaan daar Satem-tale en Kentum-tale. Die woord satem is afgelei van die Avestiese woord satəm (honderd).

Kategorie:Irannese tale Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Uitgestorwe tale Kategorie:Zoroastrisme