Hierdie artikel handel oor die stad São Paulo. Vir die gelyknamige deelstaat en ander nedersettings, sien São Paulo (dubbelsinnig). São Paulo 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Deelstaat 20px|raam São Paulo Koördinate Gestig op 25 Januarie 1554 Oppervlakte: - Totaal 1 521,11 vk km Hoogte bo seevlak 760 m Bevolking: - Totaal (2020) 12 400 232 - Bevolkingsdigtheid 8 005,25/vk km Tydsone UTC -3 (BRT) Burgemeester Ricardo Nunes (MDB) Amptelike webwerf capital.sp.gov.br
São Paulo (Portugees: [sɐ̃w̃ ˈpawlu], , letterlik: "Sint Paulus") is die hoofstad van die gelyknamige deelstaat in suidoostelike Brasilië. Dit is geleë op die koördinate 23°33′S, 46°38′W sowat 400 km vanaf Rio de Janeiro en 1 030 km vanaf die federale hoofstad Brasília.
duimnael|links|Museu de Arte de São Paulo, ontwerp deur Lina Bo Bardi Die stad het 'n oppervlakte van 1 521 vierkante kilometer met 'n bevolking van ietwat meer as 12 miljoen, wat dit die stad met die grootste bevolking in die Suidelike Halfrond maak. Negentien miljoen mense woon in die metropolitaanse gebied van Groter São Paulo, soos deur die regering afgebaken, wat dit een van die vyf grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld maak.
Die deelstaat São Paulo is ook 'n hoogs bevolkte gebied. Die staat as sulks het 'n bevolking van om en by 40 miljoen mense. Die mense van Brasilië verwys na die inwoners van São Paulo as paulistanos en gebruik die term paulista vir mense wat in die staat woon. Die stad se leuse is Non ducor, duco, wat Latyn is vir "Ek word nie gelei nie, ek lei". São Paulo was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014. Tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 sal dit ook een van die Brasiliaanse gasheerstede wees.
Etimologie Die stadsnaam "São Paulo" is gekies omdat die stigtingsdag, 25 Januarie 1554, in die Rooms-Katolieke Kerk die feesdag van Sint Paulus (São Paulo) se bekering is, soos dit José de Anchieta in 'n brief aan die Genootskap van Jesus verduidelik het: A 25 de Janeiro do Ano do Senhor de 1554 celebramos, em paupérrima e estreitíssima casinha, a primeira missa, no dia da conversão do Apóstolo São Paulo e, por isso, a ele dedicamos nossa casa! ("25 Januarie van die Jaar van die Here 1554 het ons, in 'n baie arm en baie nou huis, die eerste mis gevier, op die feesdag van Sint Paulus se bekering en daarom het ons ons huis aan hom opgedra!")
Geografie Fisiese ligging duimnael|links|Die digbeboude Avenida Paulista en omgewing soos gesien vanuit die meestal laer geboue in die Jardins woonbuurt duimnael|São Paulo is hemel op aarde vir liefhebbers en studente van brutalistiese boukuns: Torre Paulista in Avenida Paulista São Paulo is op 'n plato geleë wat deel vorm van die Serra do Mar (Portugees vir "Seereeks"), wat op sy beurt deel vorm van die uitgestrekte gebied wat as die Brasiliaanse hooglande bekend staan, met 'n gemiddelde hoogte bo seespieël van ongeveer 800 m – maar slegs sowat 70 km van die Atlantiese Oseaan af. Die stad word met twee hoofweë met die hawestad Santos en die strandoord Guarujá verbind. Die bewoonde gebiede van São Paulo is hoofsaaklik heuwelagtig, maar na die noorde is die Serra da Cantareira (Cantareira reeks), wat heelwat hoër is en nog oorblyfsels van die Atlantiese Reënwoud, die Mata Atlântica, bevat. Die hele gebied is tektonies stabiel en geen betekenisvolle seismiese aktiwiteit is nog aangeteken nie.
Die Tietê-rivier was eens 'n bron van vars water en ontspanning in São Paulo. Die rivier is egter net soos een van sy vertakkinge, die Pinheiros, later in die 20ste eeu ernstig besoedel met riool en nywerheidsafval. 'n Grootskaalse poging om albei riviere skoon te maak het beperkte welslae gehad. Nie een van die twee riviere is bevaarbaar in die dele wat deur die stad vloei nie, maar die Tietê is belangrik vir vervoer verder stroomaf, aangesien die rivier deel vorm van die Río de la Plata-kom. Daar is geen natuurlike mere in die streek nie, maar die Guarapiranga- en Billings-reservoir word gebruik vir kragopwekking, waterberging en ontspanning.
Die oorspronklike flora het hoofsaaklik uit 'n verskeidenheid breëblaar immergroen plante bestaan. Vandag is uitheemse spesies algemeen aangesien die gematigde klimaat en oorvloedige reënval die aanplant van 'n groot verskeidenheid tropiese, subtropiese en gematigde plantegroei moontlik maak, met bloekombome wat veral wyd verspreid voorkom.
Metropolitaanse streek duimnael|'n Kunsmatig gekleurde satellietfoto van die groter São Paulo metropolitaanse gebied (middel) met die kusdorpe Santos en São Vicente (onderaan). duimnael|'n Nagaansig van die Avenida Paulista São Paulo vorm amptelik deel van 'n groter metropolitaanse streek naamlik "Grande São Paulo" ("Groter São Paulo"). Die streek bevat 39 munisipaliteite en 'n bevolking van meer as 19 miljoen (met ingang 2005 volgens die IBGE).
Prefekture Die stad São Paulo word verdeel in 31 subprefekture (subprefeituras in Portugees, waarvan die name as volg is:
Aricanduva Butantã Campo Limpo Capela do Socorro Casa Verde Cidade Ademar Cidade Tiradentes Ermelino Matarazzo Freguesia do Ó Guaianases Ipiranga Itaim Paulista Itaquera Jabaquara Jaçanã Lapa M'Boi Mirim Mooca Parelheiros Penha Perus Pinheiros Pirituba Santana Santo Amaro São Mateus São Miguel Sé Vila Maria Vila Mariana Vila Prudente
Elke subprefektuur word verdeel in verskeie distrikte (meestal twee of drie). Die subprefektuur met die grootste aantal distrikte is die subprefektuur genaamd Sé, in die geskiedkundige middestad, met agt distrikte (Sé, República, Consolação, Santa Cecília, Bom Retiro, Bela Vista, Liberdade en Cambuci). In die tweede plek is daar die subprefektuur van Lapa met ses distrikte (Lapa, Perdizes, Barra Funda, Vila Leopoldina, Jaguara en Jaguaré) en Mooca wat ook ses distrikte het (Mooca, Tatuapé, Belém, Pari, Brás en Água Rasa). Die aangrensende subprefekture van Jabaquara en Cidade Tiradentes het slegs een distrik elk.
Die prefekture word in nege streke verdeel naamlik: duimnael|Ligging van die Metropolitaanse Gebied São Paulo Sentraal – Sluit slegs die prefektuur van Sé in. Noord-oos – Middelklas woongebied naby die stad Guarulhos en 'n paar nywerhede. Die intermunisipale bushalte is ook hier geleë. Noord-wes – 'n Armer gebied waardeur die spoorlyn en snelweg na Campinas en ander stede van die deelstaat loop. Wes – Is 'n belangrike universiteits- en kulturele gebied. Paulista-laan en ander luukse woonbuurte kom hier voor. Sentraal-Suid – Hierdie gebied spog met die hoogste per capita inkomste in die stad. Hier kan die Brasiliaanse hoofkwartiere van vele multinasionale maatskappye asook ander kantore aangetref word. Suidwes – Voormalige nywerheidsgebied, en word nou hoofsaaklik deur welvarende mense bewoon. Sommige belangrike prefekture soos Ipiranga en Mooca kom in die streek voor. Oos 1 – Is 'n ontwikkelende streek, wat deur laer inkomstegroepe bewoon word, maar waar daar wel nog munisipale dienste gelewer word. Suid en Oos 2 – Die armste gebiede van die stad met 'n groot aantal mense wat in favelas (krotbuurte) woon en 'n baie hoë misdaadsyfer het.
Klimaat duimnael|Pinheiros Die meeste Brasiliane beskou die stad se klimaat as nat en koel, maar gemeet aan wêreldstandaarde is São Paulo se klimaat eintlik heel warm en gematig. Dit is egter nie so bedompig soos dié van die kusgebiede. Temperatuurskommelinge is soortgelyk aan stede soos Los Angeles en Meksikostad, wat bekend is vir hulle aangename klimaat. Somertemperature oorskry selde 30 °C en ryp kom bitter selde voor. Temperature daal in Julie, tydens die suidelike winter, dikwels benede 10 °C. Die rekord hoogste en laagste temperature is onderskeidelik 38 °C en -2 °C. Reënval is oorvloedig veral in die warmer maande; die reënseisoen begin in November en duur tot April.
Ligte sneeu is een keer aangeteken in 1918. São Paulo en die nabye kuslyn is nog nooit deur 'n tropiese sikloon getref nie en tornado's kom bitter selde voor.
Teen die einde van die droëseisoen in September word rookmis dikwels 'n ernstige probleem.
Geskiedenis duimnael|Stigting van São Paulo in 1554 duimnael|Rekonstruksie van die Jesuïtiese skool in Pátio do Colégio in die middestad (nou 'n museum) waar die grondlegging van die stad plaasgevind het in die 16de eeu Die stad is op 25 Januarie 1554 gestig deur die Jesuïtiese sendelinge Manoel da Nóbrega en José de Anchieta wat 'n sendelingstasie, Colégio de São Paulo de Piratininga, gestig het om die Tupi-Guarani inboorlinge tot die Rooms-Katolieke geloof te bekeer. Die stasie is net anderkant die Serra do Mar kranse geleë wat oor die hawestad Santos uitkyk en ook naby die Tietê-rivier is. Die sendingstasie het uiteindelik 'n natuurlike toegangsroete gevorm tot die wye, vrugbare plato wat later die staat São Paulo sou word.
Die stad, wat eers bekend gestaan as São Paulo de Piratininga, het in 1777 stadstatus verkry. Dit het 'n opbloei beleef toe koffiehandel 'n hoogtepunt bereik het aan die begin van die 19de eeu; veral vanweë ook sy ligging naby Santos se hawe, waardeur die meeste van die land se uitvoere geskied.
Ná 1881 het 'n vloedgolf immigrante uit Italië, Japan en vele ander lande na São Paulo gestroom, hoofsaaklik om op die koffieplantasies wat in die staat aangelê is te werk. Tydens die 20ste eeu, met toenemende nywerheidsontwikkeling in die land, het baie mense na die stad verhuis en is baie nuwe immigrante ook na die stad gelok.
São Paulo was ook die tuiste van die Bandeirantes wat grootliks verantwoordelik was vir die uitbreiding van Brasilië se grondgebied en die ontdekking van natuurlike hulpbronne in die binneland. Daar is ook verskeie monumente in die stad wat die Bandeirantes se bydrae tot die geskiedenis van die stad herdenk insluitende die beroemde Monumento às Bandeiras, een van São Paulo se simbole.
'n Ander belangrike geskiedkundige landmerk is die Universidade de São Paulo se skool vir die regte wat ook bekend staan as die Largo São Francisco, wat na bewering die eerste akademiese inrigting in Brasilië was. Die skool was eers in 'n klooster op 1 Maart 1828 gestig, pas na die stigting van die Brasiliaanse Ryk. Die skool het in die toenemende behoefte na opgeleide regsgeleerdes en politici voldoen. Omdat die ryk Brasiliane op daardie stadium nog Portugal toe gegaan het om voorgraadse kursusse te doen het die Brasiliaanse Keiser, Dom Pedro I, besluit dat dit tyd was om 'n nasionale skool vir die regte op die been te bring. Dit het studente van regoor die land gelok en aan São Paulo sy boheemse leefstyl verleen.
Wetgewing en Regering duimnael|MASP – Tuiste van die staat van São Paulo se regering duimnael|upright|Ricardo Nunes dien sedert 2021 as São Paulo se burgemeester São Paulo as die ekonomiese en demografiese swaargewig, het nog altyd 'n sleutelrol gespeel in Brasiliaanse politiek. Met 'n kieserskorps groter as baie Brasiliaanse state, word die amp van burgemeester deur baie politici as 'n tree nader aan 'n pos op staats- en nasionale regeringsvlak beskou.
Persone wat tot onlangs toe nog die amp beklee het is as volg:
Burgemeester Begin van ampstermyn Einde van ampstermyn Party Ricardo Nunes 2021 hede MDB Bruno Covas 2018 2021 PSDB João Doria 2017 2018 PSDB Fernando Haddad 2013 2016 PT Gilberto Kassab 2006 2012 PFL José Serra 2005 2006 PSDB Marta Suplicy 2001 2004 PT Celso Pitta 1997 2000 PPB en PTN Paulo Maluf 1993 1996 PDS , PPR en PPB Luiza Erundina 1989 1992 PT Jânio Quadros 1986 1988 PTB Mário Covas 1983 1985 PMDB
Demografie Historiese ontwikkeling duimnael|Liberdade, São Paulo duimnael|Rua Oscar Freire streek van Jardins, die naam van een van die agt mees luukse strate van die planeet.