Vir inligting oor die Superrugbyspan, gaan na Cheetahs (Superrugbyspan).
Die Vrystaat Cheetahs, voorheen die Oranje-Vrystaat is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat aan die Curriebeker en die Rugby-uitdaagreeks deelneem. Die unie speel sy tuiswedstryde op die Vrystaatstadion in Bloemfontein.
Algemeen Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 tien keer onder die top 4 in die Curriebekerreeks geëindig en in die 1998 seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. Op 14 Oktober 2006 is die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit was slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig het, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.
In die 2007-seisoen het die Vrystaat Cheetahs hul goeie vorm voortgesit, en wen 13 van hul 14 wedstryde voor die eindronde. Na hulle die Blou Bulle in die halfeindronde in Pretoria geklop het, verower hulle die Curriebeker vir 'n derde agtereenvolgende keer deur die Goue Leeus in die eindstryd van agter in te haal met 20-18.
In die 2016-seisoen was die Toyota Cheetahs onoorwonne in die Curriebekerreeks, en hul klop die Blou Bulle in die eindstryd met 36-16.
Geskiedenis duimnael|links|150px Die Vrystaat Rugbyunie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in meer as ’n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die top-5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.
Vrystaatrugby word gevoed deur sy kragtige juniorrugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studenterugby, waarvan die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat eervol vermeld word.
Die 2012-Curriebekerseisoen was ’n laagtepunt vir die span van Bloemfontein. Hulle het een van hul swakste seisoene beleef waarin hulle slegs drie wedstryde kon wen. ’n Ligpunt was dat die voorste driedrukker vir die seisoen die Vrystaatse vleuel Raymond Rhule was. Die Cheetahs het laaste op die punteleer geëindig en moes teen die OP Kings uitspeel om hul plek in die premierafdeling van die kompetisie te behou. Die Cheetahs was egter te sterk en het altwee uitspeelwedstryde gewen om die OP uit die premierafdeling te hou. Op 4 Augustus 2012 het die Vrystaat Cheetahs teen die Cardiff Blues in ’n feeswedstryd op die rugbyveld van Grey-kollege gespeel ter herdenking van Sir George Grey, die stigter van Grey-kollege, se 200ste geboortedag. Die Vrystaat het met 31 – 32 verloor. In 2013 het die span van die Vrystaat vir die 19de keer sedert 1954 in ’n halfeindronde van die Curriebekerkompetisie gespeel.
Vername persone Verskeie legendariese individue het gedurende die Unie se bestaan die SA rugbytoneel versier.
Springbokspelers Die Vrystaatspelers wat as Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:http://www.genslin.us/bokke/ProvinceData.aspx?ProvinceID=7 Besoek op 21 November 2009 Naam Toetse Bokno. Geboortedorp en datum Skool Eerste toets Laaste toets Chris Badenhorst 2 610 Windhoek, 12 Desember 1965 Windhoek Hoër 15 Oktober 1994 13 April 1995 André Bestbier 1 485 Potchefstroom, 31 Maart 1946 Hoërskool Oudtshoorn30 November 1974 Meyer Bosman 3 771 Bethlehem, 19 April 1985 Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal 19 November 2005 15 Julie 2006 Hannes Botha 3 374 Potgietersrus, 11 Mei 1937 Hoërskool Wonderboom, Pretoria 21 Julie 1962 25 Augustus 1962 Gerrie Britz 13 760 Bloemfontein, 14 April 1978 Grey-kollege, Bloemfontein 12 Junie 2004 14 Julie 2007 Heinrich Brüssow 23 801 Bloemfontein, 21 Julie 1986 Grey-kollege, Bloemfontein 22 November 2008 15 Augustus 2015 Uzair Cassiem 8 878 Strand, 17 Maart 1990 Hoërskool Strand, Strand 26 November 2016 2 Desember 2017 Gert Cilliers 3 384 Ficksburg, 28 Julie 1940 Grey-kollege, Bloemfontein 13 Julie 1963 7 September 1963 Michael Claassens 8 765 Kroonstad, 28 Oktober 1982 Hoërskool Kroonstad (Blouskool) 6 November 2004 14 Julie 2007 Jannie de Beer 13 653 Welkom, 22 April 1971 Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus 5 Julie 1997 30 Oktober 1999 Johan de Bruyn 1 475 Reivilo, 12 Oktober 1948 Hoërskool Reivilo13 Julie 1974 Lood de Jager 39 856 Alberton, 17 Desember 1992 Hoërskool Hugenote, Springs 14 Junie 2014 20 Julie 2019 Naka Drotské 26 601 Senekal, 15 Maart 1971 Grey-kollege, Bloemfontein 13 November 1993 4 November 1999 Jannie du Plessis 70 788 Bethlehem, 16 November 1982 Grey-kollege, Bloemfontein 7 Julie 2007 30 Oktober 2015 Wian du Preez 1 792 Bloemfontein, 30 Oktober 1982 Grey-kollege, Bloemfontein21 November 2009 Os du Randt 80 619 Elliot, 8 September 1972 Adelaide Gimnasium 8 Oktober 1994 20 Oktober 2007 Gaffie du Toit 14 667 Kaapstad, 24 Maart 1977 Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam 13 Junie 1998 24 Junie 2006 Braam Els 1 656 Kroonstad, 1 November 1971 Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool)23 Augustus 1997 Rassie Erasmus 36 649 Despatch, 5 November 1972 Hoërskool Despatch 5 Julie 1997 23 Junie 2001 Christo Ferreira 2 543 Welkom 28 Augustus 1960 Welkom-Gimnasium 10 Mei 1986 17 Mei 1986 Kabamba Floors 1 784 Oudtshoorn, 15 November 1980 Môrester25 November 2006 Bevin Fortuin 2 780 George 6 Februarie 1979 George Sekondêre Skool 11 November 2006 7 Julie 2007 Dirk Froneman 1 492 Winburg, 14 April 1954 Hoërskool Sarel Cilliers, Glencoe27 Augustus 1977 Jack Gage 1 233 Worcester, 2 April 1907 Kimberley Boys’ High8 Julie 1933 Flip Geel 1 282 Boshof, 7 Februarie 1914 Hoërskool Christiana3 September 1949 Gerrie Germishuys 20 465 Port Shepstone, 29 Oktober 1949 Hoërskool Brandwag, Benoni 22 Junie 1974 20 September 1981 Johan Goosen 13 839 Burgersdorp, 27 Julie 1992 Grey-kollege, Bloemfontein 8 September 2012 26 November 2016 Piet Goosen 1 413 Bloemfontein, 3 Februarie 1937 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein21 Augustus 1965 Piet Greyling 25 422 Zastron, 16 Mei 1942 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 15 Julie 1967 3 Junie 1972 Kleintjie Grobler 3 478 Pretoria, 24 Augustus 1944 Gerrit Maritz Hoërskool, Pretoria 27 Julie 1974 28 Junie 1975 Lappies Hattingh 1 239 Lindley, 1 September 190322 Julie 1933 Cornal Hendricks 12 855 Paarl, 18 April 1988 Hoërskool Bergrivier, Wellington 14 Junie 2014 25 Julie 2015 Eben Jansen 1 518 Griekwastad, 5 Junie 1954 Hoërskool Griekwastad15 Augustus 1981 Joggie Jansen 10 444 Griekwastad, 5 Februarie 1948 Hoërskool Griekwastad 25 Julie 1970 3 Junie 1972 Ashley Johnson 3 810 Wynberg, 16 Mei 1986 Paarl Gimnasium 23 Julie 2011 20 Augustus 2011 André Joubert 34 557 Ladysmith, 15 April 1964 Hoërskool Ladysmith 26 Augustus 1989 23 Augustus 1997 Ian Kirkpatrick 13 306 Bloemfontein, 25 Julie 1930 Kimberley Boys’ High School 5 September 1953 18 Februarie 1961 Edrich Krantz 2 487 Senekal, 10 Augustus 1954 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 24 Julie 1976 30 Mei 1981 Klippies Kritzinger 7 477 Harrismith, 1 Maart 1948 Hoërskool Harrismith 13 Julie 1974 18 September 1976 Ruben Kruger 36 596 Vrede, 30 Maart 1970 Grey-kollege, Bloemfontein 6 November 1993 4 November 1999 Ollie le Roux 54 600 Fort Beaufort, 10 Mei 1973 Grey-kollege, Bloemfontein 4 Junie 1994 17 Augustus 2002 Martiens le Roux 8 510 Wesselsbron, 30 Maart 1951 Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus 31 Mei 1980 30 Mei 1981 Willie le Roux 54 848 Stellenbosch, 18 Augustus 1989 Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch 8 Junie 2013 27 Julie 2019 Friedrich Lombard 2 736 Frankfort, 4 Maart 1979 Hoërskool Wilgerivier, Frankfort 16 November 2002 23 November 2002 Boetie McHardy 5 134 Bloemfontein, 11 Junie 1890 Grey-kollege, Bloemfontein 23 November 1912 11 Januarie 1913 Willie Meyer 26 663 Port Elizabeth, 6 November 1967 Hoër Landbouskool Marlow, Cradock 6 Desember 1997 9 November 2002 Oupa Mohoje 19 859 QwaQwa, 3 Augustus 1990 HTS Louis Botha, Bloemfontein 28 Junie 2014 2 Junie 2018 Helgard Müller 2 551 Bloemfontein, 1 Junie 1963 Grey-kollege, Bloemfontein 31 Mei 1986 26 Augustus 1989 Ox Nche 1 893 Bloemfontein, 23 Julie 1995 HTS Louis Botha, Bloemfontein2 Junie 2018 Jongi Nokwe 4 767 Keiskammahoek (Ciskei), 30 Desember 1981 Kwamfumdo Secondary 9 Augustus 2008 4 Julie 2009 Trevor Nyakane 39 850 Bosbokrand, 4 Mei 1989 Hoërskoon Ben Vorster, Tzaneen 8 Junie 2013 27 Julie 2019 Coenie Oosthuizen 30 824 Potchefstroom, 2 Maart 1989 Grey-kollege, Bloemfontein 9 Junie 2012 11 November 2017 Gysie Pienaar 13 506 Bloemfontein, 21 Desember 1954 Dr. Viljoen, Bloemfontein 3 Mei 1980 12 September 1981 Ruan Pienaar 88 779 Bloemfontein, 10 Maart 1984 Grey-kollege, Bloemfontein 26 Augustus 2006 30 Oktober 2015 Hennie Potgieter 2 200 24 Oktober 1903 30 Junie 1928 21 Julie 1928 Hermanus Potgieter 1 493 Kirkwood, 1 November 1953 Hoërskool Kirkwood27 Augustus 1977 De Wet Ras 2 488 Harrismith, 28 Januarie 1954 Hoërskool Harrismith 24 Julie 1976 3 Mei 1980 Jaco Reinach 4 542 Ceres, 1 Januarie 1962 Grey-kollege, Bloemfontein 10 Mei 1986 31 Mei 1986 Raymond Rhule 7 845 Akkra, 6 November 1992 HTS Louis Botha, Bloemfontein 10 Junie 2017 16 September 2017 Jan Schlebusch 2 472 Kroonstad, 5 Mei 1949 Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool) 13 Julie 1974 28 Junie 1975 Hendro Scholtz 5 732 Bethlehem, 22 Maart 1979 Bethlehem Voortrekker Hoërskool 27 Julie 2002 24 Oktober 2003 Hanyani Shimange 9 761 Elim, 17 April 1978 Rondebosch Boys High 26 Junie 2004 10 Junie 2006 Nelie Smith 7 389 Bloemfontein, 8 Mei 1934 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 24 Augustus 1963 21 Augustus 1965 Juan Smith 70 746 Bloemfontein, 30 Julie 1981 Hoërskool Bloemfontein (JBM Hertzog) 7 Junie 2003 23 Augustus 2014 Franco Smith 9 643 Lichtenburg, 29 Julie 1972 Hoërskool Sand du Plessis, Bloemfontein 6 Desember 1997 7 Augustus 1999 Jackie Snyman 3 466 Johannesburg, 14 April 1948 Grey-kollege, Bloemfontein 22 Junie 1974 27 Julie 1974 Gerrie Sonnekus 3 473 Senekal, 1 Februarie 1953 Welkom-Gimnasium 13 Julie 1974 9 Junie 1984 Rampie Stander 5 479 Kaapstad, 25 Desember 1944 Hoërskool Vanderbijlpark 27 Julie 1974 18 September 1976 Gurthrö Steenkamp 53 764 Paarl, 12 Junie 1981 Paarl Hoër Jongenskool 27 November 2004 22 November 2014 Theunis Stofberg 21 489 Villiers, 6 Junie 1955 Grey-kollege, Bloemfontein 14 Augustus 1976 9 Junie 1984 Adriaan Strauss 66 800 Bloemfontein, 18 November 1985 Grey-kollege, Bloemfontein 19 Julie 2008 26 November 2016 Popeye Strydom 6 325 Kareedouw, 20 Januarie 1932 Grey-kollege, Bloemfontein 3 September 1955 26 Julie 1985 Johan Styger 7 566 Bloemfontein, 31 Januarie 1962 Grey-kollege, Bloemfontein 15 Augustus 1992 21 Augustus 1993 Werner Swanepoel 20 654 Bloemfontein, 15 April 1973 Grey-kollege, Bloemfontein 5 Julie 1997 26 Augustus 2000 CJ van der Linde 75 741 Welkom, 27 Augustus 1980 Grey-kollege, Bloemfontein 16 November 2002 17 November 2012 Pieter van Zyl 3 852 Pretoria, 14 September 1989 Grey-kollege, Bloemfontein 15 Junie 2013 26 November 2016 Sakkie van Zyl 4 410 Dealesville, 1 Julie 1932 Hoërskool Dealesville 31 Julie 1965 18 September 1965 André Venter 66 634 Vereeniging, 14 November 1970 Hoërskool Kroonstad (Blouskool) 17 Augustus 1996 1 Desember 2001 Brendan Venter 17 605 Johannesburg, 29 Desember 1969 Hoërskool Monument, Krugersdorp 4 Junie 1994 15 Oktober 1999 Francois Venter 7 877 Bloemfontein, 19 April 1991 Grey-kollege, Bloemfontein 12 November 2016 2 Desember 2017 Vleis Visagie 5 536 Nelspruit, 27 Junie 1959 Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier 2 Junie 1984 26 Junie 1993 Basie Viviers 5 293 Pietersburg, 1 Maart 1927 Hoërskool Nylstroom 26 Mei 1956 1 September 1956 Leon Vogel 1 471 Aliwal-Noord, 22 Oktober 1959 Hoërskool Aliwal-Noord22 Junie 1974 Harry Walker 4 311 Durban, 1 Julie 1928 Kearsney-kollege 19 September 1953 1 September 1956 Barry Wolmarans 1 495 Oudtshoorn, 22 Februarie 1953 Hoërskool Oudtshoorn27 Augustus 1977
Spelers vir ander lande Vrystaatspelers wat vir ander internasionale spanne uitgedraf het in alfabetiese volgorde: