Juan Pablo Montoya Roldán (gebore 20 September 1975) is 'n Colombiaanse renjaer wat tans vir Acura Meyer Shank Racing aan die WeatherTech Sportmotorkampioenskap deelneem. Hy het in 2019 die kampioenskap vir Span Penske verower.
Loopbaan Juan het op die ouderdom van ses jaar met renstelle in Colombië begin deelneem en drie jaar later 'n nasionale kampioenskap gewen. Daarna het Montoya aan verskeie formule kampioenskappe deelgeneem, onder andere, Formule Renault, Formule Vauxhall, Formule Drie (Britse Kampioenskap).
In 1998 wen hy die Formule 3000 Internasionale Kampioenskap (Nick Heidfeld was die naaswenner), terwyl hy vir die Williams Formule Een Span toetswerk (ontwikkeling) verrig. In 1999 verhuis Montoya na die VSA en wen die CART-kampioenskap in sy eerste seisoen. In 2000 wen Montoya die Indianapolis 500 en verskuif in 2001 na Formule Een.
Formule Een In 2001 vervang Juan Montoya vir Jenson Button by die BMW WilliamsF1 Span. In slegs Montoya se derde wedren (Brasilië 2001) steek hy vir Michael Schumacher verby en neem die eerste plek in die wedren, maar is later in 'n botsing met Jos Verstappen betrokke en kon nie die wedren voltooi nie.
Gedurende Montoya se eerste seisoen verbeur hy 'n paar geleenthede om sy eerste Grand Prix te wen, veral weens tegniese probleme (Hockenheim).
By die 2001 Italiaanse Grand Prix in Monza wen Montoya sy eerste wedren in sy eerste seisoen.
2002 is nie 'n goeie jaar vir WilliamsF1 nie. Montoya toon egter sy staal in die kwalifiserende rondtes op Saterdae deur sewe voorste wegspringposisies agtermekaar te verower.
In 2003 wen Montoya byna die Wêreldkampioenskap na oorwinnings in Monaco (Monte Carlo) en Hockenheim (Duitsland). Na 'n ongeluk met Barrichello in die Verenigde State Grand Prix by Indianapolis is Montoya se kanse op die kampioenskap verby.
Na interne struwelinge met die Williams-span, kondig Montoya vroeg in 2004 aan dat hy vanaf 2005 vir McLaren Mercedes sal ry. 2004 is 'n baie teleurstellende jaar vir Williams, maar Montoya wen sy laaste Grand Prix vir sy "ou" span in Brasilië aan die einde van die seisoen.
Vroeg in 2005 beseer Montoya sy skouer (verskeie bronne beweer in 'n tenniswedstryd, ander beweer op 'n motorfiets) en mis twee Grands Prix by sy nuwe McLaren-span. Montoya wen drie Grands Prix vir McLaren in sy eerste jaar (Brittanje, Italië en Brasilië).
Montoya se verhouding met die McLaren-span vorder nie juis goed nie, en nadat McLaren nie in 2006 sy kontrak hernu nie, verlaat Montoya McLaren en Formule Een in die helfte van die seisoen (na die VSA Grand Prix).
NASCAR Montoya het kort na die 2006 VSA Grand Prix aangekondig dat hy na NASCAR gaan verskuif vir sy ou CART-span, Chip Ganassi Racing. Montoya het in sy eerste NASCAR-wedren 'n derde plek behaal.
Gemeenskap Juan Montoya en sy vrou, Connie, doen verskeie welsynswerk in Colombië en in die res van die wêreld.
Loopbaanhoogtepunte duimnael|regs|180px|Juan Pablo Montoya in 2021 Wen 1999 CART Kampioenskap vir Chip Ganassi Racing Wen 2000 Indianapolis 500 vir Chip Ganassi Racing Wen 2001 Italiaanse Grand Prix by Monza vir WilliamsF1-BMW Verbeter in 2002 die rekord vir die vinnigste rondte in die geskiedenis van Formule Een (gegrond op die hoogste gemiddelde spoed om die baan) by Monza Wen 2003 Monaco Grand Prix in Monte Carlo vir WilliamsF1-BMW Wen 2003 Duitse Grand Prix by Hockenheim vir WilliamsF1-BMW Wen 2004 Brasiliaanse Grand Prix by Interlagos vir WilliamsF1-BMW Wen 2005 Britse Grand Prix by Silverstone vir McLaren Mercedes Wen 2005 Italiaanse Grand Prix by Monza vir McLaren Mercedes Wen 2005 Brasiliaanse Grand Prix by Interlagos vir McLaren Mercedes
Formule Een-uitslae (Renne in vetdruk toon voorwegspronge; renne in skuinsdruk toon vinnigste rondte aan) Jaar Span Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 Plek Punte2001BMW WilliamsF1-spanWilliams FW23BMW P81 3.0 V10 AUS MAL BRA SMR SPA OOS MON KAN EUR FRA GBR DUI HON BEL ITA VSA JPN 6de 312002BMW WilliamsF1-spanWilliams FW24BMW P82 3.0 V10 AUS MAL BRA SMR SPA OOS MON KAN EUR GBR FRA DUI HON BEL ITA VSA JPN 3de 502003BMW WilliamsF1-spanWilliams FW25BMW P83 3.0 V10 AUS MAL BRA SMR SPA OOS MON KAN EUR FRA GBR DUI HON ITA VSA JPN 3de 822004BMW WilliamsF1-spanWilliams FW26BMW P84 3.0 V10 AUS MAL BHR SMR SPA MON EUR KAN VSA FRA GBR DUI HON BEL ITA CHN JPN BRA 5de 582005 West McLaren MercedesMcLaren MP4-20Mercedes FO 110R 3.0 V10 AUS MAL BHR SMR SPA MON EUR KAN VSA FRA GBR DUI 4de 60 McLaren Mercedes HON TUR ITA BEL BRA JPN CHN2006McLaren MercedesMcLaren MP4-21Mercedes FO 108S 2.4 V8 BHR MAL AUS SMR EUR SPA MON GBR KAN VSA FRA DUI HON TUR ITA CHN JPN BRA 8ste 26
Verwysings
Eksterne skakels Juan Pablo Montoya
Kategorie:Colombiane Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense