SABMiller was die naasgrootste broumaatskappy ter wêreld (in terme van volume), voordat hy in 2016 met saamgesmelt het. Die maatskappy is in 2002 gevorm deur die samesmelting van South African Breweries en Miller Brewing van Amerika.
Omdat brouery 'n industrie is met 'n hoë winsverhouding, het die meeste markte 'n winsgewende, dominante brouer, 'n paar minder winsgewende, sekondêre brouers en invoer van dominante brouers uit ander gebiede. Die streke waarin SABMiller oorheersend is, sluit in Afrika, Noord-Amerika en Oos-Europa. Die maatskappy se hoofkantoor was egter in Londen, waar dit 'n betreklike klein aandeel van die mark gehad het en nie enige van sy eie biere gebrou het nie. Aandele is verhandel op die Londense Effektebeurs en was deel van die "FTSE 100-indeks".
SABMiller het in Julie 2005 aangekondig dat hulle ingestem het om Bavaria S.A. te bekom. Bavaria S.A. is 'n Kolombiese brouery dominant in sy tuisland, asook Peru, Ecuador en Panama. Dit is die tweede grootste brouery in Suid-Amerika met 'n inkomste van meer as $2 miljard† in 2004. 70% van Bavaria was besit deur die Santo Domingo-familie wat hul aandeel verruil het vir nuwe aandele in SABMiller. Dié transaksie het vir hulle 'n aandeel van 15% tot 20% verseker, wat hulle die tweede grootste aandeelhouer maak. Volgens die New York Times is dié aandeel ongeveer $3.8 miljard† werd, alhoewel die bedrag op 'n dag-tot-dagbasis wissel in ooreenstemming met SABMiller se aandeelprys. SABMiller het ook 4.9 miljard† Kolombiese pesos (ongeveer $2.2 miljard†) se skuld aangeneem.
Besitreg Die maatskappy se grootste aandeelhouer is Alteria Group, wat van tevore Miller Brewing besit het.
Handelsmerk SABMiller se handelsmerke sluit in: Castle Lager Castle Lite Castle Milk Stout Carling Black Label Grolsch Miller Genuine Draft Miller High Life Miller Lite Pilsner Urquell (via brouer Plzeňský Prazdroj, a. s.) Birra Peroni Nastro Azzurro (Blue Ribbon in Italiaans) Redds Ursus Tyskie, Żubr en Lech – top 3 handelsmerke in Pole Sparks Steel Reserve
Bestuur Voorsitter: Meyer Kahn Hoof uitvoerende bestuurder: Ernest A. (Graham) Mackay Hoof finansiële bestuurder: Malcolm I. Wyman
Notas † Miljard = 1 000 000 000 (een duisend miljoen).
Bron Vertaal van die Engelse Wikipedia-artikel
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Yahoo! - SABMiller plc Maatskappy profiel
Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:Londen Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye