Richard Chamberlain (31 Maart 1934 - 29 Maart 2025) was 'n Amerikaanse akteur en sanger. Hy het gewild geword, veral onder tieners, met sy vertolking van die titelrol van die televisieprogram Dr. Kildare (1961–1966). Hy het die titel "Koning of the Mini-reeks" gekry vir sy optredes in verskeie TV-minireekse, soos Centennial (1978), Shōgun (1980) en The Thorn Birds (1983). Chamberlain het verder ook klassieke verhoogrolle vertolk en in musiekteater opgetree. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Towering Inferno (1974), The Slipper and the Rose: The Story of Cinderella (1976), en The Last Wave (1977).
Chamberlain het die rol van Aramis vertolk in die rolprenttrilogie The Three Musketeers (1973), The Four Musketeers (1974), en The Return of the Musketeers (1989). Hy het Allan Quatermain in beide King Solomon's Mines (1985) en Lost City of Gold (1986) uitgebeeld en was die eerste akteur wat Jason Bourne in die 1988-televisiefilm The Bourne Identity gespeel het.
Vroeë lewe alt=Akteurs van Dr Kildare televisieprogram.|duimnael|Richard Chamberlain (Dr. Kildare), Daniela Bianchi en Raymond Massey (Dr. Gillespie) van die televisie reeks ''Dr. Kildare'' (1964) Chamberlain is gebore op 31 Maart 1934, in Beverly Hills, Kalifornië, die tweede seun van Elsa Winnifred (née von Benzon) en Charles Axion "Chuck" Chamberlain. Sy ma was deels van Duitse herkoms. Sy pa was 'n winkeltoerustingverkoper van Indiana en het in eiendom gewerk voordat hy 'n yskasbesigheid van 1956 tot 1970 bestuur het. Charles het later die boek "A New Pair of Glasses" geskryf. Chamberlain het 'n broer, William, gehad, wat saam met hul pa in die familiebesigheid gewerk het. In 1952 het Chamberlain aan die Hoërskool Beverly Hills gegradueer, en het later Pomona College ('56) bygewoon waar hy 'n baccalaureusgraad in kunsgeskiedenis en skilderkuns ontvang het. Chamberlain het by die Amerikaanse weermag aangesluit en het van 1956 tot 1958 diens gedoen. Hy het die rang van sersant behaal terwyl hy in na-oorlogse Korea gestasioneer was.Richard Chamberlain, Biography www.richardchamberlain.com. Besoek 13 Februarie 2022.
Chamberlain is op 29 Maart 2025 op die ouderdom van 90 in Waimānalo, Hawaii, dood aan komplikasies na 'n beroerte.
Filmografie Rolprente 1960: The Secret of the Purple Reef 1963: Twilight of Honor 1965: Joy in the Morning 1968: Petulia 1971: The Music Lovers 1972: Lady Caroline Lamb 1973: The Three Musketeers 1974: The Towering Inferno 1974: The Four Musketeers: Milady's Revenge 1976: The Slipper and the Rose: The Story of Cinderella 1977: The Last Wave 1978: The Swarm 1982: Murder by Phone 1985: King Solomon's Mines 1986: Allan Quatermain and the Lost City of Gold 1993: Hawaii: Paradise in Peril 1995: Bird of Prey 1997: River Made to Drown In 1999: Ground Zero 2004: The Pavilion 2007: Strength and Honour 2011: The Perfect Family 2011: We Are the Hartmans 2012: Awakening World 2012: Three Days of Hamlet 2018: Finding Julia 2018: Spirit of Evolution 2018: Nightmare Cinema Presenting Geraldine Page Echoes of the Past
Televisiereekse 1961: Dr. Kildare 1968: The Portrait of a Lady 1980: The Toni Tennille Show 1989: Island Son
Televisierolprente 1962: Arthur Freed's Hollywood Melody 1972: The Woman I Love 1974: F. Scott Fitzgerald and 'The Last of the Belles''' 1974: The Lady's Not for Burning 1974: 20th Century Fox Presents... A Tribute to Darryl F. Zanuck 1975: The Count of Monte-Cristo 1977: The Man in the Iron Mask 1979: Musical Comedy Tonight 1980: Shogun 1983: Cook & Peary: The Race to the Pole 1985: The Miracle 1985: Wallenberg: A Hero's Story 1986: The 2nd Commitment to Life AIDS Project Benefit 1987: Casanova 1991: Aftermath: A Test of Love 1991: Barbara Stanwyck: Fire and Desire 1991: Night of the Hunter 1993: Ordeal in the Arctic 1996: The Thorn Birds: The Missing Years 1997: The Lost Daughter 1997: All the Winters That Have Been 1999: Too Rich: The Secret Life of Doris Duke 2004: TV Guide Close Up: From Comedy Club to Primetime 2004: Die größten TV-Hits aller Zeiten - Die größten Kultserien Video's 1987: River Song: A Natural History of the Colorado River in Grand Canyon 1989: Greed and Wildlife: Poaching in America 2003: The Thorn Birds: Old Friends New Stories 2006: Scoundrels, Scallywags, and Scurvy Knaves 2006: The Uncommon Making of Petulia 2006: The Towering Inferno: Inside the Tower - We Remember 2006: The Towering Inferno: Irwin Allen, The Great Producer 2006: The Towering Inferno: Running on Fire''
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu