Mark Blum (Newark, New Jersey 14 Mei 1950 − 25 Maart 2020) was 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Desperately Seeking Susan (1985), Crocodile Dundee (1986), Blind Date (1987), en Shattered Glass (2003).
Op 26 Maart 2020 het die New Yorkse teatergeselskap Playwrights Horizons bekend gemaak dat Mark Blum in die ouderdom van 69 oorlede is nadat hy 'n Koronavirus-infeksie opgedoen het wat komplikasies veroorsaak het.The Independent, 26 Maart 2020: Mark Blum death: YOU and Desperately Seeking Susan actor dies of coronavirus complications. Besoek op 26 Maart 2020
Filmografie Rolprente 1985: Desperately Seeking Susan 1986: Crocodile Dundee 1987: Blind Date 1993: Emma and Elvis 1998: You Can Thank Me Later 2003: Shattered Glass 2005: Life on the Ledge 2012: A Wife Alone 2015: How He Fell in Love
Televisiereekse 1987: Sweet Surrender 1990: Capital News
Televisierolprente 1991: MTV, Give Me Back My Life: A Harvard Lampoon Parody 1992: Condition: Critical 1993: Gloria Vane
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Sterftes in 2020