duimnael|links|160px|Die swartnekkraanvoël.

Die Bumdeling-natuurlewereservaat (ook Bumdelling gespel), wat die voormalige Kulong Chu-natuurlewereservaat bevat, is ’n beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan ’n gebied van 1 520,61 km2 in Noordoos-Bhoetan en sluit die grootste deel van die Trashiyangtse-distrik in. Die reservaat is in 1995 beplan en in 1998 gevestig. Dit bevat uiteenlopende diere, plante en tonele, insluitende mere en die Bumdelingvallei. Die reservaat sluit ook verskeie kulturele en godsdienstige terreine in. Sowat 3 000 huishoudings woon in die park.

BirdLife International het die reservaat as ’n belangrike voëlgebied aangewys omdat dit die swartnekkraanvoël bevat (dit is een van die land se oorwintergebiede), asook bossnippe en gryskoplangstertjies. Dit is op Bhoetan se lys van tentatiewe Unesco-insluitings as wêrelderfenisgebied.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Beskermde gebiede van Bhoetan‎