Die Mariterivier of Maritsane is 'n sytak van die Sabierivier, op sy beurt 'n takrivier van die Komatirivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier vloei suidwaarts vanaf Bosbokrand om in Hazyview by die linkeroewer van die Sabierivier aan te sluit (langs die Sanbonani-tyddeeloord en 8 km wes van die Krugerwildtuin se grens).
Eksterne skakel Google-kaart van die Mariterivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Sabierivier-sytakke