Rudolf (Rudi) Vrba, gebore Walter Rosenberg (11 September 1924 - 27 Maart 2006), was 'n Professor Emeritus in die Farmakologie en Terapeutiese Departement aan die Universiteit van Brits-Kolombië in Kanada. In April 1944 word Vrba en Alfréd Wetzler die tweede en derde van slegs vyf JodeDromi, Uri. ""Deaf ears, blind eyes", Haaretz, 1 Januarie 2005. om suksesvol van die Duitse konsentrasiekamp in Auschwitz te ontsnap. Na hulle ontsnapping lig hulle die Geallieerdes in omtrent die massamoord wat besig was om in Auschwitz plaas te vind. Die twee mans dikteer 'n dokument van 32 bladsye, wat bekend word as die Vrba-Wetzlerverslag, aan Joodse offisiere in Slowakye.Gutman, Yisrael. Encyclopedia of the Holocaust. Macmillan Publishing Company. "The Vrba Wetzler Report" The Holocaust History Project. Die dokument word beskou as een van die belangrikste dokumente van die twintigste eeu"Vrba, Rudolf", no byline, BC Bookworld author bank. omdat dit die eerste gedetailleerde inligting omtrent die konsentrasiekampe was om die Geallieerdes te bereik wat as geloofwaardig beskou is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kanadese Jode Kategorie:Kanadese wetenskaplikes Kategorie:Slowake Kategorie:Tsjeggo-Slowake Kategorie:Akademici Kategorie:Farmakoloë Kategorie:Mense in die Sjoa Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2006