Kavita Krishnamurthy (* 15 Januarie 1958 in Delhi), ook bekend onder haar aangetroude van as Kavita Subramaniam, is 'n Indiese rolprent-klankbaansangeres. Kavita Krishnamurthy ontvang opleiding in klassieke musiek en neem tydens haar loopbaan wat oor 30 jaar strek meer as 18 liedjies in 16 tale op. Sy werk saam met onder andere die komponiste Laxmikant–Pyarelal, Naushad, S H Bihari, Kaifi Azmi, Anjan, O P Nayyar, Khayyam, Hemant Kumar, Ravinder Jain, Babpi Lehri, Sameer, Javid Akthar, Anu Malik, R. D. Burman, Hamsalekha en A. R. Rahman. Sy ontvang vier Filmfare-toekennings vir beste klankbaansangeres, insluitende drie opeenvolgende toekennings in die periode 1994-1996, en die Padmashri-toekenning in 2005. In 1999 trou sy met die violis L. Subramaniam.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indiese musici Kategorie:Geboortes in 1958