duimnael|400px|Kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsiale grense (2009)
Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se ISO 3166:2 afkorting en hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam): Wes-Kaap (WC, Kaapstad) Noord-Kaap (NC, Kimberley) Oos-Kaap (EC, Bhisho) KwaZulu-Natal (KZN, Pietermaritzburg) Vrystaat (FS, Bloemfontein) Noordwes (NW, Mahikeng) Gauteng (GP, Johannesburg) Mpumalanga (MP, NelspruitDie stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela) Limpopo (LP, PolokwaneVoorheen bekend as Pietersburg)
Grense Die grense van al die provinsies behalwe die Wes-Kaap en Vrystaat is deur die 12de wysiging van die Suid-Afrikaanse grondwet verander in Desember 2005. Die grootste verandering is tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap (Matatiele), Gauteng en Noordwes (Khutsong) en Limpopo en Mpumalanga (Sekhukhuneland).
Bevolking Volgens die 2011-sensus is die bevolking van die provinsies soos volg: ProvinsieBevolking%Gauteng12 272 26323,7%KwaZulu-Natal10 267 30019,8%Oos-Kaap6 562 05312,7%Limpopo5 404 86810,5%Wes-Kaap5 822 73411,2%Mpumalanga4 039 9397,8%Noordwes3 509 9536,8%Vrystaat2 745 5905,3%Noord-Kaap1 145 8612,2%Totaal51 770 561100%
Sien ook Vlae van provinsies van Suid-Afrika Wapens van provinsies van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse lyste