Die Tigrinja (Tigrinja: ተጋሩ; tägaru) is 'n etniese groep inheems aan Ethiopië en Eritrea. Volgens die nasionale sensus van 2007 woon sowat 4,5 miljoen Tigrinjas in Ethiopië, sowat 6,08% van dié land se bevolking. Hulle praat Tigrinja, 'n Semitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.

duimnael|links|Ligging van die Tigrai-streek in Ethiopië, een van nege etniese streke. Die Tigrinja vorm die vierde grootste etniese groep in Ethiopië ná die Oromo, die Amhare en die Somaliërs en vorm die titulêre nasie van die Tigrai-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens woon sowat 2,7 miljoen Tigrinjas in Eritrea. Hulle word in Ethiopië Tigrai en in Eritrea Tigrinja genoem. In Eritrea vorm hulle sowat 55% van die bevolking.

As gevolg van die Eritrese Onafhanklikheidsoorlog (1961-1991) en die Eritrees-Ethiopiese Oorlog (1998–2000) het Tigrinja ook in lande soos Duitsland, Swede, Noorweë, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Nederland, Italië, Denemarke en Australië gevestig geraak. Wêreldwyd is daar sowat 7,5 miljoen Tigrinjas, van wie baie vlugtelinge is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Ethiopië Kategorie:Etniese groepe in Eritrea Kategorie:Inheemse volke van Afrika