Die Afar (Afar: Qafár) is 'n etniese groep inheems aan die Afar-driehoek van noordelike Ethiopië, suidelike Eritrea en noordelike Djiboeti. Volgens die nasionale sensus van 2007 leef sowat 1,8 miljoen Afar in Ethiopië, sowat 1,73% van dié land se bevolking. Hulle praat Afar, 'n Koesjitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.
duimnael|links|Ligging van die Afar-streek in Ethiopië, een van nege etniese streke Die Afar is een van die kleiner etniese groepe in Ethiopië en vorm die titulêre nasie van die Afar-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens leef sowat 526 000 Afar in Eritrea en omtrent 306 000 Afar in Djiboeti. Tussen 1973 en 1991 het die separatistiese Afar-Bevrydingsfront vir 'n onafhanklike Afar-staat geveg.
In Djiboeti is sowat 35% van die bevolking etniese Afar, die tweede grootste etniese groep na die Somaliërs (60%). In Eritrea vorm hulle een van die kleiner etniese groepe met sowat 526 000 mense.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Djiboeti Kategorie:Etniese groepe in Eritrea Kategorie:Etniese groepe in Ethiopië Kategorie:Inheemse volke van Afrika