duimnael|Frans Timmermans in 2023

Franciscus Cornelis Gerardus Maria (Frans) Timmermans (gebore op 6 Mei 1961 in Maastricht) is 'n Nederlandse politikus van die PvdA.

Hy was van 1 November 2014 tot 22 Augustus 2023 die eerste adjunk-president van die Europese Kommissie gewees in die kommissies Juncker en Von der Leyen.

Sedert November 2023 is hy die partyleier van die kombinasie PvdA-GroenLinks.

Loopbaan Van 1980 tot 1985 studeer hy Frans aan die Radboud Universiteit van Nijmegen en van 1984 -'85 vervolg hy sy studies aan die Universiteit van Nancy in Europese Reg en Franse literatuur. Van 1987 - 1990 is hy beleidmedewerker aan die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake en '90-'93 werk hy as adjunk-sekretaris aan die Nederlandse ambassade in Moskou. Hy keer na Den Haag terug en '93-'94 werk hy by die ministerie van ontwikkelingsamewerking as adjunk-hoof van die afdeling Europese sake. Hierna begin sy Europese loopbaan: van 1994 - 1995 werk hy vir Hans van den Broek, die Nederlandse minister van buitelandse sake wat nou Europese Kommissaris geword het. Van 1995 - 1998 werk hy vir Max van der Stoel wat die Hoë Kommissaris vir nasionale minderhede van die OSCE is. Hy keer terug na die Nederlandse politiek en van 1998 - 2007 is hy lid van die Nederlandse Tweede Kamer vir die sosiaaldemokratiese party PvdA. Van 2007 tot 2010 dien hy as adjunk-minister van Europese sake in die Balkenende IV-kabinet en van 2012- 2014 as minister van buitelandse sake in die Rutte II-kabinet. In 2014 word hy die eerste adjunktpresident van die Europese Kommissie Juncker. Sy werkgebied is verbetering van reëlgewing, die betrekkings tussen instellings, die regstaat en die handves van grondregte. In 2019 word hy die Europese Kommissaris vir Klimaat en eerste adjunktpresident van die Kommissie Von der Leyen. Van 6 Desember 2023 tot 3 November 2025 die parlementêre leier van die kombinasie GroenLinks-PvdA in die Tweede Kamer.

Persoonlike besonderhede Frans Timmersman is vir die tweede keer getroud en het vier kinders.

Hy is 'n Rooms-Katoliek en 'n poliglot; hy spreek Duits, Engels, Frans, Italiaans, Nederlands en Russies as ook die Limburgse dialek.

Eksterne skakels Dr. F.C.G.M. (Frans) Timmermans, Parlement.com

Kategorie:Nederlandse diplomate Kategorie:Nederlandse adjunk-ministers Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Europese Kommissarisse van Nederland Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense