duimnael|links|upright|Frédéric Mistral duimnael|links|upright|Standbeeld van Frédéric Mistral in Arles Frédéric Mistral (8 September 1830 – 25 Maart 1914) was 'n Franse digter. Hy was die leier van die 19de eeuse herlewing van Oksitaans, 'n taal van die gebied. In 1904 deel hy die Nobelprys vir Letterkunde met José Echegaray y Eizaguirre vir sy bydrae tot die letterkunde en filologie.

Kort biografie Frédéric Mistral is gebore in Maillane, in die Bouches-du-Rhône département van Frankryk. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Aix-en-Provence en, welaf genoeg om nie te hoef te werk nie, spandeer sy lewe daaraan om Oksitaans weer op die been te bring. Hy ontwikkel byvoorbeeld 'n woordeboek in Oksitaans, en stig 'n etnografiese museum in Arles. Hy sterf ook in Maillane.

Bibliografie Poësie Mirèio (Mireio: 'n Gedig van Provence) - 1859 Calendau - 1867 Lis Isclo d'Or - 1876 Nerto - 1884 Lou Pouemo dou Rose (Lied van die Rhone) - 1897 Lis Oulivado - 1912

Prosa La Reino Jano (Koningin Johanna) - 1890 Prose d'Armana, 3 volumes kortverhale - 1926-1929

Nie-fiksie Moun espelido (My oorsprong), memoires - 1906

Verwysings

Eksterne skakels

Frédéric Mistral.

Kategorie:Franse digters Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1830 Kategorie:Sterftes in 1914