Henryk Adam Aleksander Pius Oszyk-Sienkiewicz (5 Mei 1846 – 15 November 1916) was 'n Poolse romanskrywer, een van die mees uitstekende skrywers van die tweede helfte van die 19de eeu, en die eerste Poolse wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1905.
Kort biografie Hy is gebore in Wola Okrzejska, 'n dorp in die toe-Russies-beheerde Pole. Hy was sterk polities geïnspireer en het met historiese romans die dapper dade van Poolse helde van die 17de eeu beskryf. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy hom bevind in Switserland en het hy ook daar gesterf, en is daar begrawe.
Bibliografie Sy mees belangrike romans was: Trylogia (Die trilogie), wat bestaan het uit: Ogniem i mieczem (Met vuur en swaard) - 1884, Potop (Die vloed) - 1886, Pan Wołodyjowski (ook bekend as "Vuur in die Steppe") - 1888. Bez dogmatu (Sonder dogma) - 1891, Rodzina Połanieckich (Die Połaniecki-familie) - 1894, Quo Vadis - 1895, Krzyżacy (Die ridders van die Kruis) - 1900, W pustyni i w puszczy (In woestyn en wildernis) - 1912.
Verwysings
Eksterne skakels
Die tuisblad van die Henryk Sienkiewicz-museum in Oblegorek . Die huis van Henryk Sienkiewicz in Oblegorek .
Kategorie:Poolse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1846 Kategorie:Sterftes in 1916