Wendy Brown is 'n professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Sy het belangrike bydraes gelewer tot die post-Foucault politieke filosofie en feministiese teorie. In die besonder gebruik sy die idees van Karl Marx, Friedrich Nietzsche, Max Weber, Sigmund Freud, Frankfurt Skoolteoretici, Michel Foucault, en kontemporêre kontinentale filosowe om die probleme van politieke mag, politieke identiteit, burgerskap en politieke subjektiwiteit aan te spreek. Brown se jongste navorsing fokus op die konsepte van politieke soewereiniteit met betrekking tot globalisering en ander transnasionale magte.
Brown het haar BA aan die Universiteit van Kalifornië-Santa Cruz en haar Ph.D in politieke filosofie aan die Princeton Universiteit in 1983 ontvang. Voordat sy in 1999 by Berkeley aangesluit het, het sy by Williams College en Universiteit van Kalifornië-Santa Cruz gedoseer.
Boeke 2006: Regulating Aversion: Tolerance in the Age of Identity and Empire 2005: Edgework: Critical Essays in Knowledge and Politics 2002: Left Legalism/Left Critique (mede redakteur met Janet Halley) 2001: Politics Out of History 1995: States of Injury: Power and Freedom in Late Modernity 1988: Manhood and Politics: A Feminist Reading in Political Thought
Bron Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse filosowe