West Maas en Waal is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Gelderland, geleë in die Land van Maas en Waal.
Die munisipale gebied het sowat 19 000 inwoners (2018) en 'n oppervlakte van 85 km².
West Maas en Waal grens in die noorde aan die Waal-rivier en in die suide aan die Maas-rivier.
Die bestuurlike sentrum is in Beneden-Leeuwen.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van West Maas en Waal:
Alphen Altforst Appeltern Beneden-Leeuwen Blauwesluis Boven-Leeuwen De Tuut Dreumel Greffeling Maasbommel Moordhuizen Nieuwe Schans Oude Maasdijk Wamel Woerd