duimnael|links|Airbus A330-300 land op die Lughawe Londen-Heathrow in die 2005-2017 kleurskema

Air Canada is die vlagdraer en grootste lugredery in Kanada volgens vlootgrootte en passasiers vervoer. Die redery, gestig in 1937, onderneem geskeduleerde en huurvlugte van passasiers en vrag na 192 bestemmings wêreldwyd. Dit is 'n stigterslid van die Star Alliance. Air Canada se hoofkwartier is in Saint-Laurent, Montreal, Quebec, terwyl sy grootste spil by die Toronto Pearson Internasionale Lughawe is."Investors Contacts " Air Canada. Besoek op 18 Mei 2009. Die lugredery se plaaslike diens is Air Canada Express.

Air Canada het 'n vloot van Airbus A330, Boeing 767, Boeing 777 en Boeing 787 Dreamliner wyerompvliegtuie op sy langafstandroetes en maak gebruik van die Airbus A320-familie (insluitend die A319, A320, en A321 variante), Boeing 737 MAX 8, en Embraer E190-familie vliegtuie op die kortafstandroetes.

Die redery se bedryfsafdelings sluit in Air Canada Cargo, Air Canada Express, Air Canada Jetz (private stralerhuur) en Air Canada Rouge (ontspanninglugredery). Sy filiaal, Air Canada Vacations, bied vakansiepakkette na meer as 90 bestemmings. Saam met sy plaaslike vennote, bedryf die lugredery gemiddeld 1 613 geskeduleerde vlugte daagliks.

+Air Canada hoofvlootVliegtuigIn diensOp bestellingPassasiersSBPETotaalAirbus A220-3002817—12—125137Airbus A320-20017——14—132146Airbus A321-20015——16—174190Airbus A330-30015132—2424129727—21244292—30255285Boeing 737 MAX 83726—3—153169 Afleweringstot 2021Boeing 777-200LR6—4024236300Boeing 777-300ER18—40—2433640028—24398450Boeing 787-88—20—21214255Boeing 787-929—3—21247298Totaal17552 duimnael|'n Voormalige Canadian Airlines Boeing 747-400 in mengkleure by Hongkong Internasionale Lughawe in 2001

duimnael|Air Canada Boeing 767-300ER op die Ben Gurion Lughawe

duimnael|Air Canada Boeing 767-200ER, uit diens in 2008 duimnael|'n Airbus A340-500, voorheen bedryf deur Air Canada, totdat dit vervang is deur die Boeing 777-200LR

Verwysings

Kategorie:Kanadese maatskappye Kategorie:Lugrederye