Arkadi Wladimirowitsj Dworkowitsj (; gebore 26 Maart 1972) is ’n Russiese ekonoom en voormalige adjunk-premier in die eerste kabinet van Dmitri Medwedef van 21 Mei 2012 tot 7 Mei 2018. Hy was van 13 Mei 2008 tot Mei 2012 assistent tot die president van die Russiese Federasie. Sy vader, Wladimir Dworkowitsj, was ’n internasionale skaakarbiter. Dworkowitsj is ’n beampte van die Russiese Skaakfederasie.
Dworkowitsj word as ’n goeie vertroueling van Medwedef en as ’n belangrike figuur in die Russiese politiek beskou.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Russiese politici