Thomas Leask (1839 - 1912) was 'n Skotse reisiger en jagter. Hy is 1839 in die Orkney-eilande gebore. Hy bereik Natal in 1862 en begin in 1866 met sy reise in Masjonaland. In 1869 gaan hy na die Zambezirivier vergesel van dr. Calderley. Die twee was van die eerste blankes wat die Victoria-waterval gesien het. Leask was 'n persoonlike vriend van beide Silkaats en sy seun Lobengoela.

Hy tree in 1870 af en gaan in Klerksdorp 'n vennootskap aan met J Taylor, as Thomas Leask & Kie. Daar het hy 'n leidende aandeel in die ontdekking van die eerste goud gehad en is in 1887 as die eerste president van die Klerksdorpse Kamer van Mynwese verkies. Hy is in 1912 in Skotland oorlede.

Bronne

Kategorie:Skotse ontdekkingsreisigers Kategorie:Geboortes in 1839 Kategorie:Sterftes in 1912