Robert William Keate (16 Junie 1814 – 17 Maart 1873) was 'n luitenant-goewerneur van Natal asook 'n advokaat van Lincoln's Inn waar hy is 1844 toegelaat is. Hy word in 1849 siviele kommissaris op Seychelle en in 1853 luitenant-goewerneur van Granada in Wes-Indië wat drie jaar later gevolg word deur 'n soortgelyke aanstelling in Trinidad. In 1867 word hy luitenant-goewerneur van Natal waar 'n kwaai depressie geheers het. Hy het dikwels gebots met die menings van die Wetgewende Raad. Hy speel 'n belangrike rol as arbiter in grensgeskille. Hy word veral onthou vir die Keate-uitspraak. Hy tree in 1872 af en sterf in 1873.

Bronne

Kategorie:Britse krieketspelers Kategorie:Britse politici Kategorie:Geboortes in 1814 Kategorie:Sterftes in 1873