Koringland met Kraaie is in Julie 1890 geskilder - Van Gogh het geskryf hy het drie skilderye van groot koringlande onder 'n onrustige hemel gemaak. Daar word algemeen en verkeerdelik geglo dat dit Van Gogh se laaste skildery was, of selfs dat hy homself geskiet het terwyl hy dit geskilder het. Daar is egter geen bewyse daarvoor nie. Volgens dr. Jan Hulsker se chronologie het hy nog sewe werke na hierdie een geskilder.

Daar word algemeen saamgestem dat Van Gogh op die aand van 27 Julie 1890 vir 'n wandeling in die koringlande gegaan het waartydens hy homself met 'n rewolwer geskiet en toe huis toe gegaan het. Hy was daarna twee dae lank bedlêend voordat hy met sy broer Theo aan sy sy gesterf het.

'n Algemene vertolking van die skildery is dat dit Van Gogh se ongeruste gemoedstoestand weerspieël met 'n donker, onheilspellende hemel, die besluiteloosheid van drie paaie wat in verskillende rigtings loop en die swart kraaie bo die toneel as voorbodes of selfs tekens van die dood.

Die skildery hang tans in die Van Gogh-museum in Amsterdam.

Kyk ook Vincent van Gogh

Verwysings Ingo F. Walther and Rainer Metzger, Van Gogh: the Complete Paintings, 1997, Benedikt Taschen

Eksterne skakels

Een weergawe van 'n chronologiese lys van Van Gogh se laaste skilderye in die Van Gogh-galery Het Van Gogh Museum, Amsterdam

Kategorie:Vincent van Gogh-skilderye