duimnael|Leeus is karnivore. duimnael|Wildsbokke is herbivore.

Die agtervoegsel -voor ontspring van die Latynse werkwoord vorare, wat beteken om op te vreet, en word in biologie gebruik om naamwoorde te vorm wat aandui wat die aard van 'n dier se dieet is.

Die volgende lys toon aan watter woorde in -voor eindig, asook 'n aanduiding na watter soort dieet dit verwys.

Karnivoor of vleiseter – vleis Bakterivoor – bakterie Detritivoor – detritus (verrottende materiaal) Folivoor of blare-eter – blare Frugivoor – vrugte Granivoor – sade Herbivoor of plante-eter – plante Insektivoor of insekte-eter – insekte Limnivoor – modder Nektarivoor – nektar Mukivoor – plantsappe Mikovoor – swamme Omnivoor of alleseter – plante en vleis Piskivoor – vis Sanguinivoor – bloed Saprovoor – dooie materiaal

Bronne

Eksterne skakels Die San Diego-dieretuin en "vore"

Vore