Koningin Maudland (Noors: Dronning Maud Land) is die deel van Antarktika wat tussen die terminus van Stancomb-Willsgletser, by 20°W, en Shinnangletser, by 44° 38'O lê. Dit het 'n landoppervlak van ongeveer 2 500 000 km² wat meestal deur die Antarktiese ysplaat bedek is. Dit is op 4 Januarie 1938 deur Noorweë opgeëis, maar soos alle ander aansprake in Antarktika word dit nie universeel erken nie en is die gebied onderworpe aan die Antarktiese Verdrag.

duimnael|links|Kaart wat geëiste gebiede op Antarktika vertoon Koningin Maudland word verdeel in vyf kusgebiede waaraan gedink kan word as sektore wat van wes na oos tot by die Suidpool strek (kloksgewys): No. Sektor Oppervlak (km²) Westelike grens Oostelike grens 1 Kronprinsesse Märtha Kyst 970 000 020°00' W 005°00' O 2 Prinsesse Astrid Kyst 580 000 005°00' O 020°00' O 3 Prinsesse Ragnhild Kyst 540 000 020°00' O 034°00' O 4 Prins Harald Kyst 230 000 034°00' O 040°00' O 5 Prins Olaf Kyst 180 000 040°00' O 044°38' O Dronning Maud Land 2 500 000 020°00' W 044°38' O

Die gebied is vir die eerste keer in 1930 deur Hjalmar Riiser-Larsen besoek as deel van pogings om die Antarktiese gebied te karteer. Roald Amundsen het dit voorheen ter ere van Koningin Maud van Noorweë en die hele plato wat die Suidpool omring Haakon VII's Vidde ter ere van koning Haakon VII van Noorweë genoem. Die gebied wat oorspronklik deur Amundsen as Koningin Maudland geïdentifiseer is het tussen 37° en 50° Oos gelê.

In 1985 het Noorweë die Tor navorsingstasie by Svarthammaren op Koningin Maudland se Prinses Marthakus opgerig; en in 2005, Koningin Sonja van Noorweë nog 'n navorsingstasie genaamd Troll by Jutulsessen geopen. Dit verskil van ander Antarktiese navorsingstasies in die sin dat dit nie op ys geleë is nie maar op 'n sneeuvrye rotsbedekte helling.

Chronologie 1832    John Biscoe se ekspedisie beweer dat hulle Grahamland waargeneem het, een bron stel egter dat dit Anverseiland was. 1893    Carl Anton Larsen ontdek en benoem Grahamland se Foynkus, Koning Oscarland, Jasonberg en Robertsoneiland. 24 Jan 1895    Carsten Borchgrevink onderneem wat na bewering die eerste landing op Antarktika is. Drie jaar later lei hy die eerste geselskap om op die kontinent te oorwinter. 14 Des 1911    Vyf Nore, onder leiding van Roald Amundsen, is die eerste mense wat die Suidpool bereik. 1930    Hjalmar Riiser-Larsen vlieg oor die gebied wat te vore Dronning Maud Land (Koningin Maudland) deur Roald Amundsen genoem is. 14 Jan 1938    Dronning Maud Land, geïdentifiseer as die gebied tussen 45° en 20°O word amptelik deur Noorweë opgeëis. 19 Jan 1939   tot 23 Mei 1945    Die gebied tussen 20°O en 10°W word deur Nazi-Duitsland opgeëis as "Duits-Nieu-Swabië" (Deutsch Neuschwabenland). Dit is deur geen ander land erken nie. 13 Jan 1941    Duitse kommando's gaan aanboord van en buit twee Noorweegse fabriekskepe in die see noord van Koningin Maudland. Teen die einde van die volgende dag het die Duitsers besit geneem van drie fabriekskepe en nog elf visserskepe. Die Duitse Vloot gebruik daarna 'n hawe op die Kergueleneilande as 'n basis om Geallieerde skepe aan te val. 1948    Die administrasie van Dronning Maud Land word toegesê aan die Noorweegse Poolinstituut, as deel van die Noorweegse Ministerie van Omgewingsake. 1957    Dronning Maud Land word in Noorweë ingelyf onder Noorweegse soewereiniteit as 'n afhanklike gebied.

Sien ook Peter I-Eiland, die ander Antarktiese gebied waarop Noorweë aanspraak maak.

Verwysings

Bronnelys Donald, L.E.: The Exploration of Queen Maud Land. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 1, Desember 1981

Eksterne skakels

Noorweegse Poolinstituut Klim notas vir Dronning Maud Land by Alpinist.com Versameling van foto's, kaarte en dokumente oor die geologie van westelike Dronning Maud Land

Kategorie:Afhanklike gebiede in Antarktika Kategorie:Afhanklike gebiede van Noorweë Kategorie:Geografie van Antarktika Kategorie:Omstrede gebiede