Mongameli Bobani (12 Julie 1968 – 11 November 2020) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die United Democratic Movement.
Loopbaan Bobani was van 27 Augustus 2018 tot 5 Desember 2019 die burgemeester van Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Hy volg Athol Trollip van die Demokratiese Alliansie in hierdie amp op, nadat Trollip deur 'n mosie van wantroue uit die pos verwyder is. Bobani word op 5 Desember 2019 sélf deur middel van 'n mosie van wantroue uit sy amp verwyder.
Sterfte Bobani sterf op 11 November 2020 nadat hy vir drie weke in die hospitaal opgeneem was weens die koronaviruspandemie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Politici van die United Democratic Movement Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Sterftes aan Kovis-19