Die bensodiasepiene is 'n klas van psigotrope geneesmiddels met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot gevolg hê. Dit word vermoed dat die bensodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Sedert die laat 1960’s en 1970’s het geneeshere begin om hierdie soort middels grootskaals voor te skryf.
Lede van die groep Bensodiasepiene word gewoonlik in drie groepe verdeel: kortwerkend (korter as ses ure) — 'n terugbons-slaaploosheid, en die vererger van angs teen wakkerwordtyd kan hiermee voorkom. tussen kort-en-langwerkend (effektief vir tussen 6-10 ure) — matige residuele simptome kan voorkom langwerkend (langer as 10 ure) — sterk kalmerende, geestesonderdrukkende simptome kan met die gebruik hiervan voorkom, asook 'n opbou van die bloedkonsentrasie van die middel.
Lys van bensodiasepiene Sien 'n Lys van bensodiasepiene.
Uitwerkings Alle bensodiasepiene het die volgende voorspelbare uitwerkings, alhoewel sommige sterker slaapmiddels kan wees en andere 'n sterker geheueverlies (sien onder newe-effekte) kan veroorsaak. Hoe hoër die dosis, hoe sterker is die effek.
Angswerend Antikonvulsiewe effek Spierverslappend Slaapmiddel.
Newe-effekte Geheueverlies (dit veroorsaak 'n anterograde geheueverlies) Slaperigheid Ataksie (koördinasiesteuring) Verwarring Duiseligheid Ingekorte oordeel Ingekorte vermoë om masjinerie te bedryf
Al die bogenoemde newe-effekte word vererger met die gelyktydige inname van alkohol.
Afhanklikheid Langtermyngebruik lei gewoonlik tot afhanklikheid. As daar dan summier opgehou word met die gebruik van die middel, kan die volgende onttrekkingsimptome die gebruiker tref:
Slaaploosheid Angs, en selfs paniekaanvalle Tagikardie (hartkloppings) Hipertensie Depressie, en ook selfmoordgedagtes Tremor (bewerasies) Sweet Eetlusverlies Wane Stuipe
Daarom word dit aanbeveel om 'n persoon wat lank of op 'n hoë dosis van 'n bensodiasepien was, versigtig, en verkieslik onder mediese toesig, te speen van die bensodiasepien.
Geskiedenis Die eerste bensodiasepien, chloordiasepoksied, is toevallig ontdek in 1954 deur 'n Oostenrykse apteker en chemikus, Dr Leo Sternbach (1908–2005), toe hy dit herbekyk het -- nadat hy dit eers laat vaar het -- op 'n tydstip toe 'n assistant besig was om sy laboratorium vir hom op te ruim.Sternbach LH. The discovery of librium. Agents Actions 1972;2:193-6.
Verwysings
Gerada C, Ashworth M. ABC of mental health. Addiction and dependence--I: Illicit drugs. BMJ 1997;315:297-300. Fulltext. .
Eksterne skakels Benzo.org.uk – Bensodiasepienverslawing en -onttrekking Inchem.org – Bensodiasepiene
Bron
Kategorie:Geneesmiddels