C.M. van den Heever (1902 – 1957) was 'n professor en hoof van die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ’n skrywer en digter wat die Hertzogprys vir sy poësie en sy prosa verwerf het.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe duimnael|regs|240px|C.M. van den Heever as jong man. Christiaan Maurits van den Heever is op 27 Februarie 1902 in die konsentrasiekamp naby Norvalspont gebore. Hy gaan in die distrik Trompsburg skool, asook in Bloemfontein aan die Brebner- en die Grey-kollege. Na die oorlog word hy groot op die plaas Poortjie in die distrik Trompsburg. Sy vader is Christiaan Mauritz van den Heever en sy moeder, wat op 10 November 1918 tydens die groot griepepidemie sterf, is Maria Elisabeth Oberholzer. Sy ouers is op 23 Augustus 1893 op Edenburg in die Vrystaat met mekaar getroud. Dit was sy pa se tweede huwelik, nadat sy eerste vrou vroeg in 1893 oorlede is en CM het twee halfsusters en ’n halfbroer uit hierdie huwelik. Hy is die vierde van nege kinders en die skrywer Kootjie van den Heever is een van sy broers, terwyl sy broer Giel ook geskryf het, onder andere onder die skuilnaam Boet Giepens in Die Landbouweekblad. Sy broers en susters is Gileam Johannes (Giel), Christiaan Mauritz (wat baie jonk oorlede is), Thomas Arnoldus, Anna Maria Elizabeth, Maria Elizabeth, Abraham Jacobus (Kootjie), Hester Maria en Helena.

CM se skoolopleiding is by die plaasskool op Krugerspoor in die distrik Trompsburg in die Suid-Vrystaat en van standerd vyf aan die Brebner-kollege in Bloemfontein. Sy hoërskoolopleiding is ook in Bloemfontein aan Grey-kollege, waar hy in 1920 matrikuleer. In hierdie tyd bly hy in die koshuis en kan slegs met vakansietye terugkeer plaas toe. Sy vader is op 30 Desember 1919 weer getroud, maar hierdie huwelik was kinderloos.

Verdere studie Na matriek is CM vir ’n jaar as onderwyser en staatsamptenaar werksaam, maar studeer dan vanaf 1922 met die Thomas Robertson-studiebeurs verder aan die Grey Universiteitskollege in Bloemfontein, waar professors A. Francken en D.F. Malherbe ’n belangrike vormende invloed op hom het. Hier behaal hy die B.A.-graad in 1924 met onderskeiding in Nederlands en Geskiedenis. Hy word hierna joernalis in die redaksie van Die Landbouweekblad en vanaf 1925 by Die Volksblad, maar gaan deeltyds voort met sy studie in Nederlands en Afrikaans en behaal die M.A.-graad met onderskeiding in 1926, waarna die Porter-beurs vir buitelandse studie aan hom toegeken word. Tydens sy studiejare verskyn sy eerste gedigte en prosawerke in De Goede Hoop en daarna in vele ander publikasies.

In Julie 1927 trou hy met Martha Maria (Martie) Klopper van Dewetsdorp wat hy in sy studentejare leer ken.Yumpu: https://www.yumpu.com/nl/document/view/13996777/april-2008-bundels-sagenealogie/569 Hulle het twee dogters (Salome en Maura) en ’n seun, ook Christiaan Mauritz. Martie skryf boeke onder haar eie naam en onder skuilname soos Lydia en Anette Terblanche. Sy was stigter van die tydskrif Die moderne vrou, wat later by Die Brandwag ingelyf is, asook van die Afrikaanse Dameskring en die Maria van Riebeeck-klub, laasgenoemde organisasies die eerste in hulle soort in die land. Op 2 Februarie 1928 gaan CM na die Universiteit van Utrecht in Nederland vir verdere studie en behaal einde 1929 sy doktoraal in die Nederlandse letterkunde onder leiding van professor C.G.N. de Vooys. Hy is ’n tyd lank lektor aan die University College in Londen. By sy terugkeer na Suid-Afrika in 1931 is hy lektor aan die Grey-Universiteitskollege in Bloemfontein. Hy promoveer in 1932 met die proefskrif “Die digter Totius: Sy betekenis vir die Afrikaanse letterkunde” aan die Universiteit van Suid-Afrika en word in 1933 aangestel as professor en hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, ’n posisie wat hy tot met sy dood beklee. Wanneer ’n vakature ontstaan is hy vir ’n tyd ook waarnemende hoof van die Departement Engels aan die universiteit.P.J. Nienaber. Gedenkboek C.M. van den Heever 1902–1957. bl. 31. Benewens die huis wat hy in Johannesburg besit, koop hy ook in 1940 ’n plaas op die walle van die Vaalrivier in Parys, waar hy gereeld saam met sy gesin gaan ontspan.

Kampvegter vir Afrikaanse taal en kultuur Aan die Rand help hy baie om die kulturele lewe te bevorder. Hy is saam met T.J. Haarhoff die stukrag agter die stigting van die Afrikaanse Skrywerskring in 1934 en is voorsitter van hierdie vereniging tot met sy dood in 1957. Hy dien ook vanaf 1936 op die redaksie van die Afrikaanse Skrywerskring se  publikasie, die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, wat in 1951 vervang is met Tydskrif vir Letterkunde. Hiermee help hy ander skrywers, onder andere Uys Krige en Elisabeth Eybers, om hulle werk gepubliseer te kry. Van laasgenoemde tydskrif is hy hoofredakteur vanaf die stigting daarvan tot met sy dood. Verder stel hy bloemlesings saam uit die werk van Jan F.E. Celliers, Totius en D.F. Malherbe. Vir ’n jaar lank is hy voorsitter van die Afrikaanse Kunsvereniging en hy dien ook op die Beheerraad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die Hospitaalraad van Johannesburg, die Radioraad, die Matrikulasieraad en die Skakelkomitee en die Werkgemeenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns, Lettere en Wetenskappe. Hy is ook lid van die Leidse Maatschappij voor Nederlandse Letteren. By verskeie geleenthede tree hy as openbare spreker op by herdenkingsfeeste en ander funksies.

In Johannesburg reik hy uit na anderstaliges en ander kultuurgroepe en geniet veral aansien in die Joodse gemeenskap met sy bydraes aan die Jewish Affairs en Zionist Record. In 1953 besoek hy Israel op uitnodiging van hulle regering en maak hier weer kontak met een van sy oudstudente, Olga Kirsch. Van den Heever was altyd ’n voorstander van bande met die Dietse stamlande en nadat hy daar studeer het, behou hy kontak met organisasies en individue in Nederland en België. Hy speel ook ’n leidende rol daarin om die Vlaamse en Nederlandse boek in Suid-Afrika bekend te stel en omgekeerd om die Afrikaanse boek in Nederland en België te bevorder. Op 25 November 1951 lewer hy op uitnodiging van die provinsiale regering van Wes-Vlaandere ’n huldeblyk ten tye van Stijn Streuvels se tagtigste verjaarsdag Vanaf 28 Oktober tot 15 Desember 1955 is hy weer na Nederland nadat die Nederlandse regering hom daarheen genooi het. Die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap benoem hom in Augustus 1955 tot lid van die Toesigkommissie oor die Belgies-Suid-Afrikaanse Kultuurverdrag.

Latere jare en sterfte Reeds in 1949 kry hy ’n hartaanval, gevolg deur nog een in Junie 1956, waarna hy op 8 Julie 1957 in Johannesburg na ’n operasie aan serebrale trombose oorlede is. Ná sy dood tref vele tragedies sy familie. In 1960 is sy dogter Maura Stolz, ’n depressielyer, selfdood en in 1961 is Maura se man, Jack Stolz, in ’n motorongeluk oorlede. Vyf maande na Maura se dood is CM se vrou, Martie, na ’n lang siekbed oorlede. CM van den Heever en Martie se seun, ook CM, is in 1979 op 45-jarige ouderdom oorlede nadat hy vanaf 1964 vermis was. Hy is in die Forest Hill-begraafplaas in Port Elizabeth begrawe onder die naam C.B. BarnardLitNet se ATKV-Skrywersalbum http://www.litnet.co.za/cm-van-den-heever-19021957/

Skryfwerk

Poësie Van den Heever publiseer die eenakter Ek kom dadelik! in Helikon van Junie 1955, maar afgesien hiervan bepaal hy hom uitsluitlik by die poësie en prosa. Reeds van vroeg af publiseer hy gedigte in tydskrifte, die eerste reeds in sy skoolblad en later ook in De Goede Hoop, Die Grey Universiteitskollege Blad, Die Grunko, Shimla (die universiteitsblad), Die Huisgenoot en Die Boerevrou. Sy poësie is hoofsaaklik stemmingskuns, waarin hy gereeld besin oor die verbygaande aard van alles. Hy maak dan ook gereeld gebruik van woorde wat beweging aandui, en die voël is ’n belangrike simbool in hierdie verband. Onder invloed van D.F. Malherbe se romantiese styl skryf hy reeds in 1923 die ongepubliseerde epies-liriese gedig van by die negehonderd versreëls, Die aandster. Dit wentel rondom die dromer Jan en sy liefde vir sy meisie Barbara. Weens sy dromery kom hy gereeld op die plaas in die moeilikheid by sy twee ouer broers. Hy soek troos by Barbara, maar sy sterf aan koors. In sy smart aanskou hy die aandster, wat hom aan Barbara laat dink, maar nou nie net aan haar liggaamlike skoonheid nie, maar ook aan haar geestelike skoonheid.

Hy maak sy debuut met die digbundelSchoonees, P.C. in Nienaber, P.J. Gedenkboek C.M. van den Heever 1902–1957. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg, 1959. Stemmingsure, wat opgedra word aan D.F. Malherbe. Dit is nog hoofsaaklik jeugwerk en soos die titel aandui, is dit meestal stemmingsverse oor verskeie onderwerpe, waaronder die natuur en die raaisels van die lewe. Die openingsgedig, Sing my, dui reeds die oorheersende doodstema aan, tesame met ander deurlopende temas soos verganklikheid, smart, die natuur en liefde. Die oorwegende toon van die bundel is weemoed, verlange en swaarmoedigheid, die beste uitgebeeld in die mooi Die konsertina in die nag. Hierin word die vreedsame stemming van ’n nag op die plaas beskryf, met net die sagte kabbeling van die spruit wat hoorbaar is. Die stilte word dan deur die yl klanke van ’n konsertina verbreek, net om later weer in die stilte te versink. In hierdie gedig is die konsertina die draer van die romantiese verlange, terwyl die afwesigheid van sterk sintuiglike beelde bydra om die ontasbaarheid van die heimwee te verwoord. Die bundel word afgesluit met Die pelgrim, wat weier om skuiling te vind in ’n huis en eerder voortstryk op die pad van die lewe, waar dit hom ook al mag lei. Die aandster is ’n verwerking van fragmente van sy ongepubliseerde epiese gedig. In sy Versamelde gedigte neem hy later slegs agtien van die vyftig gedigte in hierdie bundel op.

Die nuwe boord is ’n groot vooruitgang op sy debuut, met suiwerder beelde en taalgebruik, alhoewel die toonaard van die gedigte ’n verwantskap toon met sy eerste bundel. Sonder dat daar werklik gedigte is wat geheel en al bevredig, is die bundel vol pragtige gedeeltes. Beskrywings van die natuur is gevoelig en verteenwoordig soms ’n geestelike verdieping van betekenis. Noemenswaardig is verse soos Net my skaduwee en Wonderbare nag (beide vrye verse met suiwer beelding), My klein lantern, So fyn gevleg en veral Die wêreld is waarin die fyn beskrywing van die stemming in die natuur verdiep tot lewensbeskrywing. Die wagtertjie stap, ’n gedig wat Afrika-motiewe verwerk, is ook ’n hoogtepunt. Hierin word die wagtertjie gekonfronteer deur die tokkelossie in ’n gedig wat sterk beeldend is. Outa Hans  beskryf die duiwel se koms om middernag, wanneer hy met betowerende vioolspel die aanhoorders vermaak. Hy sal jou leer om te speel soos hy, maar dan moet jy jou siel aan hom verkoop. Wie om twaalfuur snags is die verhaal van die visser wat die meermin se elfkleed afgeneem het en met haar trou, waarna hulle drie kinders het. Die meermin herwin egter haar elfkleed en keer terug see toe. Geslaag is hier die ritme waarmee die see se onrustige beweging gesuggereer word. Oor die seek’gat is ’n vers oor die waterslang, ’n belangrike watergees uit die swart mense se geloof. Waar ruwe rotse word baie bekend en vertel die verhaal van ’n ongeluk tydens ’n pa en seun se jagtog in die berge. Die seun se voet gly en hy val teen die rotse af totdat hy in ’n klipskeur vassit, waarna die vader die seun doodskiet om hom van verdere lyding te vrywaar. Ten spyte van die aangrypende boustof en enkele treffende sienings, gaan hierdie gedig egter mank aan verskeie verstegniese gebreke, wat vele gedigte in die bundel tipeer. Voorbeelde is die paarrym wat ’n natuurlike ritme verhinder, die gebruik van swak rymwoorde en die invoeging van stopsels wat niks toevoeg tot die betekeniswaarde van die gedig nie. Die nuwe boord ontvang in 1928 die Hertzogprys vir poësie.