Die Vuurbok (丁未, dīngwèi) is die 44ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurbokjaar het in 1967 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 9 Februarie 1967 tot 29 Januarie 1968.
Vuurbokjare
Die volgende jare is Vuurbokjare:
Jare van die Vuurbok 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2654 v.C. 2594 v.C. 2534 v.C. 2474 v.C. 2414 v.C. 2354 v.C. 2294 v.C. 2234 v.C. 2174 v.C. 2114 v.C. 10 2054 v.C. 1994 v.C. 1934 v.C. 1874 v.C. 1814 v.C. 1754 v.C. 1694 v.C. 1634 v.C. 1574 v.C. 1514 v.C. 20 1454 v.C. 1394 v.C. 1334 v.C. 1274 v.C. 1214 v.C. 1154 v.C. 1094 v.C. 1034 v.C. 974 v.C. 914 v.C. 30 854 v.C. 794 v.C. 734 v.C. 674 v.C. 614 v.C. 554 v.C. 494 v.C. 434 v.C. 374 v.C. 314 v.C. 40 254 v.C. 194 v.C. 134 v.C. 74 v.C. 14 v.C. 47 107 167 227 287 50 347 407 467 527 587 647 707 767 827 887 60 947 1007 1067 1127 1187 1247 1307 1367 1427 1487 70 1547 1607 1667 1727 1787 1847 1907 1967 2027 2087 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 734 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
44