320px|links|Alfa Romeo 33 Die Alfa Romeo 33 was 'n kompakte motor wat tussen 1983 en 1995 deur Alfa Romeo gebou is.
Hierdie motor is in beginsel 'n evolusie van sy voorganger, die Alfasud.
Die Alfa 33 het 'n unieke plek in die geskiedenis van Alfa Romeo aangesien amper 1 miljoen van hierdie motors vervaardig is. Gedurende sy 11-jarige lewensduur is die bakvorm twee keer verander. Die Alfa Romeo 33 is vervang deur die Alfa Romeo 145 en Alfa Romeo 146.
Eerste Generasie duimnael|links|Eerste generasie Alfa 33 Aanvanklik bekend as die Alfa 33 (Tipe 905), is hierdie 5-deur motor in 1983 bekendgestel en 'n stasiewa weergawe is die opvolgende jaar bekendgestel. Dit was ontwerp deur Ermanno Cressoni van die Centro Stile Alfa Romeo terwyl die stasiewa deur Pininfarina ontwerp is.
Die Alfa Romeo 33 was bekend vir sy goeie hantering en kragtige "boxer"-enjin, maar ook bekend vir sy onbetroubare elektronika.
Eksterne skakels Alfa-webwerf 1968 Renuitslae 1972 Resies Alfa vs. Ferrari Nederlandse Alfaklub met baie tegniese inligting
Verwysings
Kategorie:Alfa Romeo