Pierre David Guetta (gebore 7 November 1967 in Parys), beter bekend onder sy verhoognaam David Guetta, is 'n Franse platejoggie (DJ) en dance-pop-produsent (vroeër housemusiek).

David Guetta se eerste album, Just A Little More Love, is in 2002 vrygestel. Later het hy Guetta Blaster (2004) en Pop Life (2007) vrygestel.

Guetta bereik in 2009 sukses met die album One Love, met die enkelsnitte When Love Takes Over, Gettin' Over You, Sexy Bitch en Memories. Die eerste drie daarvan bereik nommer 1-posisies in die Verenigde Koninkryk. In 2011 het hy met sy album Nothing but the Beat verdere sukses behaal. Hierop staan die beroemde singles Where Them Girl At, Little Bad Girl, Without You, Titanium en Turn Me On. Hy is een van die eerste platejoggie wat in aanraking gekom het met die EDM-scene en hy staan wêreldwyd bekend as die "Grandfather of EDM".

Diskografie Just A Little More Love (2002) Guetta Blaster (2004) Pop Life (2007) One Love (2009) Nothing But The Beat (2011) Nothing But The Beat 2.0 (2012) Listen (2014) 7 (2018) Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Franse musici Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense