Virat Kohli (gebore 5 November 1988) is 'n Indiese krieketspeler en tans kaptein van die Indiese nasionale krieketspan. Kohli word as een van die beste kolwers in die wêreld en 'n elegante regterhandskolwer beskou.

Hy was kaptein van die Indiese o/19-span wat die 2008 o/19-krieketwêreldbeker in Maleisië gewen het en het 'n paar maande later sy EDI-debuut vir Indië teen Sri Lanka op die ouderdom van 19 gemaak. Hy het sy Toetsdebuut in 2011 gemaak.

Vroeë lewe Virat Kohli is op 5 November 1988 in Delhi gebore. Sy pa, Prem Kohli, was 'n prokureur en sy ma, Saroj Kohli, 'n huisvrou. Hy het 'n ouer broer, Vikas, en 'n ouer suster, Bhavna. Volgens sy familie sou Kohli 'n krieketkolf optel en rondswaai en vir sy pa vra om vir hom te boul, toe hy drie jaar oud was.

Internationale Loopbaan In Augustus 2008 is Kohli in die EDI vir die toer in Sri Lanka benoem. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in Krieketwêreldbeker 2011, 2015 en 2019, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014, 2016, 2021 en 2022 vir Indië gespeel. Hy was ook 'n lid van die Indiese wenspan tydens die T20I-wêreldbeker 2024. Een jaar later was hy ook 'n lid van die seëvierende Indiese span tydens die Kampioenetrofee 2025.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Indiese krieketspelers