Michael E. Brown (gebore 5 Junie 1965) is ’n Amerikaanse sterrekundige wat sedert 2003 ’n professor in planetêre astronomie is by die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie (Caltech). Sy span het baie trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) ontdek, insluitende die dwergplaneet Eris. Aanvanklik is geglo dit is groter as Pluto, en dit het ’n debat laat ontstaan oor die definisie van "planeet".

Hyself en ander het al na hom verwys as die man wat "Pluto doodgemaak" het,Astronomer Who ‘Killed’ Pluto to Present Annual Science Lecture. Sarah Lawrence College – News and Events. 13 April 2009, besoek op 11 Januarie 2011 omdat hy daartoe bygedra het dat Pluto afgegradeer is na ’n dwergplaneet ná die ontdekking van Eris en verskeie ander moontlike dwergplanete anderkant Neptunus. Hy is die skrywer van How I Killed Pluto and Why It Had It Coming, wat in 2010 gepubliseer is. Hy het in 2012 die Kavli-prys gewen (saam met Jane X. Luu en David C. Jewitt) “vir die ontdekking en karaktisering van die Kuipergordel en die grootste voorwerpe daarin, werk wat gelei het tot ’n groot hupstoot in die begrip van die geskiedenis van ons planetêre stelsel”.

Studie en loopbaan Brown het in 1987 sy B.A.-graad in fisika aan die Princeton-universiteit behaal en in 1990 ’n M.A. in sterrekunde aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. In 1994 het hy ’n Ph.D.-graad in sterrekunde behaal.

Ontdekkings Trans-Neptunus-voowerpe ontdek: 37 18 Desember 2001 20 Desember 2001 10 Januarie 2002 17 Mei 2002 17 Mei 2002 19 Mei 2002 Quaoar 4 Junie 2002 18 Junie 2002 26 Augustus 2002 3 November 2002 13 Januarie 2003 Ceto 22 Maart 2003 26 Julie 2003 Sedna 14 November 2003 Orcus 17 Februarie 2004 7 Augustus 2004 Salacia 22 September 2004 22 September 2004 3 Oktober 2004 Haumea 28 Desember 2004 Eris 8 Januarie 2005 8 Maart 2005 8 Maart 2005 Makemake 31 Maart 2005 11 April 2005 11 April 2005 13 April 2005 (136199) Eris I Dysnomia 10 September 2005 10 Mei 2007 17 Julie 2007 7 Augustus 2007 11 September 2007 11 Januarie 2008 25 Augustus 2008 24 September 2008 24 September 2008 26 September 2008 Ander voorwerpe ondtek (87) Sylvia I Romulus 18 Februarie 2001 (22) Kalliope I Linus 29 Augustus 2001 saam met Chad Trujillo saam met David L. Rabinowitz saam met Henry G. Roe saam met Kristina M. Barkume saam met Glenn Smith alleenkrediet het gegaan aan José Luis Ortiz Moreno et al. saam met M.A. van Dam, A.H. Bouchez, D. le Mignant saam met Megan E. Schwamb saam met Jean-Luc Margot

Hy is in die wetenskapwêreld bekend vir sy opnames van verafgeleë voorwerpe wat om die Son wentel. Sy span het baie trans-Neptunus-voorwerpe ontdek, waarvan een van die belangrikstes Eris is, die enigste dwergplaneet wat ’n groter massa as Pluto het. Dit het regstreeks daartoe gelei dat Pluto as ’n dwergplaneet herklassifiseer is.Kenneth Chang: The War of the Worlds, Round 2. The New York Times, 10 Januarie 2011, besoek op 11 Januarie 2011 ’n Ander is Sedna, a planetoïde wat vermoedelik die eerste ontdekte liggaam in die binneste Oortwolk is.

Haumea-omstredenheid Brown en sy span het ook die dwergplaneet Haumea sowat ses maande lank dopgehou voordat aangekondig is José Luis Ortiz Moreno en kollegas van die Sierra Nevada-sterrewag in Spanje het dit ontdek. Brown het Ortiz se span aanvanklik gesteun omdat hulle die krediet vir die ontdekking gekry het. Verdere navorsing het egter gewys ’n webtuiste met argiewe oor die rigting waarin die Brown-span se teleskope gewys het terwyl hulle Haumea dopgehou het, is agt keer besoek in die drie dae voor Ortiz se aankondiging. Die IP-adresse van dié rekenaars is teruggespoor na die webtuiste van die Spaanse Instituut vir Astrofisika in Andalusia, waar Ortiz werk, en na e-posadresse wat Ortiz en sy student gebruik het. Die webtuistebesoeke het plaasgevind ’n week nadat Brown ’n uittreksel gepubliseer het van ’n komende konferensiepraatjie waar hy die ontdekking van Haumea sou aankondig.

Toe Ortiz daaroor uitgevra is, het hy ’n e-pos vir Brown gestuur waarin hy skimp dat Brown verkeerd was omdat hy "voorwerpe weggesteek het" en nie sy vonds bekendgemaak het nie. Volgens Brown is Ortiz se verklaring in teenstelling met aanvaarde wetenskaplike praktyke dat iemand sy navorsing ontleed totdat hy tevrede is dit is akkuraat, en dit dan aan ander beskikbaar stel om te hersien voordat dit bekend gemaak word. Die Kleinplaneetsentrum soek egter net presiese wentelbaaninligting om krediet oor ’n ontdekking aan iemand te gee, en Ortiz het dit verskaf.

Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) erken met opset nie ’n ontdekker van Haumea nie. Die datum en plek van die ontdekking word aangegee as 7 Maart 2003 by Ortiz se Sierra Nevada-sterrewag. Die IAU het egter Brown se voorgestelde naam, Haumea, aanvaar pleks van Ortiz se voorstel, "Ataecina".

Voorgestelde negende planeet In Januarie 2016 het Brown en nog ’n sterrekundige van Caltech, Konstantin Batygin, die bestaan van Planeet Nege voorgestel, ’n groot planeet tussen die grootte van die Aarde en Neptunus. Hulle het op 20 Januarie 2016 in ’n onderhoud hul redenasie en werkmetode verduidelik.

Verwysings

Ekstra bron

Skakels Brown se webtuiste

"Mike Brown's planets" Brown se blog

Kategorie:Amerikaanse sterrekundiges Kategorie:Pluto Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1965