Gebeure Ondanks die Verdrag van Lutatius van 241 v.C. verower die Romeine die eiland Sardinië. Hulle beskou die eiland as res nullius omdat Kartago nooit die opstand onderdruk het nie. Die Romeine verower die ou Griekse kolonie Poseidonia wat sedert ong. 400 v.C. in Lucaniese hande is. Dit word later Paestum genoem. Die Kartaagse generaal Hamilkar begin 'n veldtog in Hispania.
Sterftes Xun Zi, Konfusianistiese filosoof wat bygedra het tot die Honderd Skole van Gedagtes (* 310 v.C.).
Verwysings