Broompentafluoried is 'n chemiese verbinding met formule van broom in sy oksidasietoestand +5 met fluoor.

Die stof is 'n baie sterk oksidator en word as fluorineringsagens gebruik, byvoorbeeld om suurstof uit silikate vry te stel in die suurstofisotoopanalise. Dit word ook aangewend in die aandrywing van vuurpyle.

Vorming Broompentafluoried kan uit broomtrifluoried en fluoor verkry word bokant 200 oC.:

Sintese uit die elemente is onder hierdie omstandighede ook moontlik:

Reaksies Die stof is uiters reaktief en reageer met glas, klei ensomeer. Die reaksie met droë glas is stadig. Kwartsglas word nouliks aangetas. Die verbinding self is tot 460 °C termies stabielHandbuch der Präperativen anorganischen Chemie 1960 Dit ontplof wanneer dit met water in aanraking kom en vorm suurstof en waterstoffluoried. Dit reageer heftig met asynsuur, ammoniak, benseen, etanol, waterstof, waterstofsulfied, metaan, kurk, was ensomeer.cameochemicals

In die vloeistof bestaan waarskynlik die ewewig:The Chemistry of Chlorine, Bromine, Iodine and Astatine: Pergamon Texts in Inorganic Chemistry, Deel 7, Elsevier, 2017, ,

Die vloeistof besit hierdeur elektriese geleidingsvermoë.

In reaksies met fluoriede soos CsF kan dit die heksafluorobromaat-anioon vorm.

Met Lewis-sure soos kan die -katioon gevorm word soos in die adduk .

Eienskappe Die -molekuul het die vorm van 'n vierkantige piramide en besit die puntgroepsimmetrie C4v. Dit blyk uit die infrarooispektroskopie. Sy spektrum het A1-absorpsies naby 684, 584 en 370 cm-1 en E-absorpsies naby 644, 415 en 245 cm-1 Infrared spectrum of bromine pentafluoride The Journal of Chemical Physics 37, 165 (1962)

Veiligheid Hierdie stof is uiters gevaarlik en dit moet met heelparty voorsorgmaatreëls behandel word. Reaksies met broompentafluoried kan ontploffings veroorsaak. Blootstelling aan 5-10 ppm in die lug kan reeds na 'n kort tyd irritasie van die oë en die slymvlies van die neus en mond veroorsaak. Blootstelling aan hoër konsentrasies kan dodelik wees. Die stof is baie korrosief, maar dit kan in nikkel- of monel-vate bewaar word omdat nikkel met 'n beskermende dunne lagie fluoried bedek word wat verdere korrosie verhoed.

Verwysings

Kategorie:Broom Kategorie:Fluoor Kategorie:Anorganiese verbindings