duimnael|links|Bibby Marine Services Ltd se Bibby Wavemaster 1 (gebou in 2017) in Rotterdam-hawe, Nederland Bibby Line Group is een van die Verenigde Koninkryk se oudste ondernemings in familiebesit wat oorspronklik in 1807 deur die skeepseienaar John Bibby en sy vennoot John Highfield in Liverpool gevestig is.Our Story - Bibby Line Group. Besoek op 27 Junie 2018 Die redery het 'n beslissende rol in die ontwikkeling van die Noord-Ierse skeepswerf Harland & Wolff in Belfast gespeel - die eerste skip, wat deur die werf in 1859 gebou is, was Bibby Line se Venetian.

Vandag het die onderneming sy sakebedrywighede uitgebrei tot sestien lande wêreldwyd, met belange in die kleinhandelsektor, finansiële dienste, distribusie, redery, mariene en boutoerusting. Die jaarlikse omset beloop sowat £1 miljard.

Verwysings

Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:Britse rederye