Andrej Plenković (; gebore 8 April 1970) is 'n Kroatiese politikus en diplomaat en sedert 19 Oktober 2016 die Eerste Minister van Kroasië. Hy is sedert 2016 voorsitter van die Kroatiese Demokratiese Unie (HDZ). Hy was voorheen een van elf Kroatiese lede van die Europese Parlement. Hy het in hierdie hoedanigheid gedien vanaf Kroasië se toetreding tot die Europese Unie in 2013 tot en met sy uittreding as LEP om sy termyn as Eerste Minister te begin.Profile European Parliament

Verwysings

Kategorie:Kroatiese politici Kategorie:Diplomate Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense